Skip to content

Lesotho verklaar nasionale noodtoestand oor drastiese toename in werkloosheid

# Lesotho het ‘n nasionale noodtoestand aangekondig oor die drastiese toename in werkloosheid en massiewe werksverliese terwyl dit steier onder die ekonomiese gevolge van VSA-tariewe en minder buitelandse hulp. Die ekonomie, wat tekstiel-intensief is, het reeds met hoë werkloosheid, veral onder jongmense, gesukkel voor president Donald Trump hulp gesny en invoertariewe verhoog het. Die wet, wat die regering addisionele magte gee, insluitende die omseiling van standaardprosedures, sal vir twee jaar in werking wees. Ministeries is reeds aangesê om twee-persent van hulle begrotings aan werkskeppingspogings af te staan.