Skip to content

Legendariese R&B- en soul-sanger Roberta Flack sterf op 88

# Die pop/R&B-sanger en liedjieskrywer, Roberta Flack, wat bekend is vir haar Grammy-bekroonde treffers, Killing Me Softly With His Song, en The First Time Ever I Saw Your Face, is dood. Sy was 88. Sy het in haar loopbaan vyf Grammy’s gewen, in 2020 ʼn toekenning gekry vir haar lewenslange bydrae, en in agtereenvolgende jare toekennings gewen vir album van die jaar. Flack, wat in die klassieke opgelei is as sanger-pianis, het ses toptien-treffers gehad en tien R&B-enkelsnitte. Haar laaste album is in 2012 vrygestel. Die Recording Academy sê die wêreld het ʼn groot musieklegende verloor.