Skip to content

Leeu- en tierwelpies afgeneem in klopjag in Pretoria

# Drie mans is in East Lynne, Pretoria, aangekeer toe die polisie tydens ‘n klopjag op 11 wilde diere beslag gelê het. Beamptes het drie leeuwelpies, twee tierwelpies, drie bakoor-jakkalse en drie rooikat-katjies op die eiendom gevind. Die polisie se Eenheid vir Bedreigde Spesies het die optrede gelei saam met amptenare van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing na ‘n wenk oor onwettige natuur-handel. Tshwane se kommissaris, Samuel Thine, het lede en bewaringsbeamptes geprys vir hulle samewerking met die bekamping van onwettige natuur-handel en die beskerming van spesies.