Skip to content

Lede van SA Toerismeraad sleep minister De Lille hof toe

# Vier gewese lede van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad sleep die minister van Toerisme, Patricia de Lille, hof toe nadat sy die raad ontbind het weens bewerings van onreëlmatighede en finansiële wanbestuur. De Lille het voor die Portefeuljekomitee oor Toerisme in die Parlement verskyn om haar besluit te verduidelik. Sy het ses tussentydse lede aangewys om die raad se sake te hanteer tot daar weer ‘n permanente raad is. Die uitgeskopte raadslede sê De Lille beskerm korrupsie en ignoreer ernstige bestuurskwessies.