# Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie, op ‘n maand-grondslag, met 4,4-persent gestyg. Hoof-opnamestatistikus, Juan-Pierre Terblanche, sê ystererts en metale in die platinumgroep het die groei aangedryf, met stygings van onderskeidelik 12,2-persent en 6,2-persent. Hy bevestig ondanks die positiewe bydrae van diamante, chroom, en steenkool, het goud, mangaan, koper en nikkel afgeneem:
# Tennis: Die nie-spelende Davis-beker kaptein van Australië, Lleyton Hewitt, beplan om te appelleer teen sy skorsing en boete omdat hy ‘n opkkikerbeheerbeampte gestamp het. ‘n Onafhanklike tribunaal van die Tennis Teen-opkikkerprogram het die voormalige nommer een vir twee weke geskors en hom met 350-duisend-rand beboet. Dit volg na die voorval in Oktober verlede jaar […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader volgende week om inflasie en die terugkoopkoers te bespreek. Ekonome voorspel dat die terugkoopkoers bestendig sal bly op sewe-persent nadat inflasie tot 3,5-persent gestyg het, die hoogste in tien maande. Bradd Bendall van BetterBond sê die momentum bou op in die eiendomsmark, met huisleningaansoeke wat op ‘n […]
# Die dodetal het tot vyf gestyg nadat ‘n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen ‘n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op ‘n draai voordat die voertuig teen ‘n boom gebots en op die skoolterrein […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het die vermeende moordenaar van die Gautengse misdaad-bewaarder Chesney Keppler, die polisieman Mandla Buthelezi, weer in hegtenis geneem. Keppler is in Desember vermoor. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, sê Buthelezi is in die Hooggeregshof in Johannesburg aangekeer vir vermeende intimidasie. Sy bevestig dat hy by die Moroka-polisiekantoor aangehou sal word tot […]
# Die regering bepleit kalmte te midde van betogings in Westbury en Coronationville in Johannesburg, Gauteng, oor voortdurende uitdagings met watervoorsiening. Hy sê Johannesburg Water werk daaraan om onmiddellike verligtingsmaatreëls in te stel en finaliseer ook die nuwe Brixton-reservoir en -toring, wat na verwagting teen die einde van volgende maand voltooi sal wees. Die woordvoerder, […]