# Die Globale Afrika-waterstofberaad in Windhoek, Namibië, het afgesluit. Die Namibiese regering het die beraad aangebied en wêreldleiers, beleggers en tegnoloë het besprekings gehou oor wat die aandrywing van Afrika se groen nywerheidsrewolusie behels. Angie Scholtz van Future Media berig die beraad het vennootskappe en befondsing vir groen-energie projekte van nasionale belang en die belang […]
# Menseregte-prokureurs het die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se dreigement om informele nedersettings om middernag af te breek veroordeel. Die groep sê sy opmerkings igonoreer ‘n beslissing van die Appèlhof wat in 2024 bepaal het dat strukture nie nie sonder ‘n hofbevel afgebreek mag word nie. Hulle beklemtoon dat die Wet op Onwettige Grondbesetting […]
# Die indaba van die Ontwikkelingskamer vir Sitruskwekers het in Johannesburg begin en fokus op Amerikaanse tariewe asook geleenthede in ontluikende marke. Die twee-dagvergadering bring beleidmakers, swart sitrusboere, en bedryfsleiers bymekaar om uitdagings, vooruitgang, en inklusiewe groei aan te spreek. Die hoofbestuurder, Lukanyo Ngombisa, sê die vergadering kyk na transformasiestrategieë en spreek nakoming, marktoegang en […]
# AfriForum Jeug en studente van Noordwes Universiteit het vandag op die Potchefstroomse kampus betoog en ‘n verbod geëis op die slagspreuk “Kill the Boer”. ‘n Versoekskrif met meer as ses-duisend handtekeninge is aan bestuur oorhandig nadat die slagspreuk in Junie op die kampus gesing is. Betogers sê die instelling se stilswye oor die kwessie […]
# Die adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die regering gryp in by sukkelende munisipaliteite om te verseker dat burgemeesters en amptenare die nodige vaardighede het om dienste doeltreffend te lewer. In sy mondelinge antwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies, sê Mashatile die opleiding en onderhoude vir plaaslike leiers verbeter die aanspreeklikheid en prestasie, […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika se groen ekonomie gee die ekonomie ‘n hupstoot. Landbou, bosbou en visserye het met 2,5-persent gegroei, mynbou en steengroewe met 3,7-persent, en elektrisiteit, gas en water met 0,2-persent, wat bygedra het tot ‘n toename van 0,8-persent in die BBP in die tweede […]
# Dit is vandag die derde herdenking van die dag in 2022 toe die wal van die Jagersfonteindam in die Vrystaat gebreek en dele van die dorp oorstroom het. Sowat 140 families is geraak. Twee mense is dood en een word steeds vermis. Negentig families het die herbouprojek van 150-miljoen-rand aanvaar wat deur Jagersfontein-myn gelei […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê gekoördineerde pogings tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering is die sleutel tot die verbetering van dienslewering. Mashatile het geantwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies, en verwys na die veldtog vir skoon stede en dorpe om skoner, veiliger en meer inklusiewe ruimtes te bevorder. Hy voeg by ingypings […]