# Die Stad Kaapstad doen ‘n beroep op inwoners van Khayelitsha en Philippi om kommentaar te lewer oor die voorgestelde uitbreiding van die MyCiTi-bushaltes. Inwoners kan tot 29 September hul terugvoer gee, met tydelike haltes wat gebruik sal word tot die permanente infrastruktuur gereed is. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die stad […]
# Die Johannesburgse Metropolisie sal verkeer bestuur en die veiligheid van die publiek verseker wanneer Lilian Ngoyistraat vandag heropen. Na Fase 1 van die padrehabilitasie, sal die straat tussen Loveday- en Endstrate as ‘n eenrigtingstraat na die ooste bedryf word. Woordvoerder van die JMPD, Xolani Fihla, sê beamptes sal by belangrike kruisings aan diens wees […]
# Sokker: Engeland se beheerliggaam het Chelsea aangekla van 74 beweerde oortredings met betalings aan agente oor ‘n tydperk van 13 jaar. Die Russiese oligarg Roman Abramovich was toe eienaar van die klub, en die aanklagte fokus hoofsaaklik op gebeure tussen 2009 en 2022, toe hy dit aan ‘n konsortium verkoop het. Die FA sê […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering gaan strenger maatreëls instel teen munispaliteite wat nie hulle waterbetalings handhaaf nie. Mashatile het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê munisipaliteite het in Junie meer as 25-miljard-rand aan waterrade geskuld. Hy sê metro’s, insluitende Johannesburg en Tshwane in Gauteng en Mangaung in die Vrystaat, het hulle reeds […]
# AfriForum Jeug betreur die moord op die Amerikaanse konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, wat Woensdag op ‘n universiteitskampus in Utah doodgeskiet is. Die groep het ‘n krans gelê by die Amerikaanse ambassade in Pretoria en sy meegevoel aan die familie oorgedra. AfriForum het in ‘n huldeblyk Kirk se geloof, moed en invloed op jongmense wêreldwyd […]
# Atletiek: Usain Bolt glo hy sou die 100-meter in 9,42 sekondes kon afblits in die super-spykerskoene wat deesdae gebruik word. Die Jamaikaan het die wêreldrekord van 9,58 sekondes in 2009 opgestel op die wêreldkampioenskap in Berlyn, Duitsland, en ook die wêreldrekord van 19,19-sekondes in die 200-meter op dieselfde byeenkoms. Albei staan steeds. Bolt stem […]
# Amerikaanse speurders het nog nie die persoon wat die Amerikaanse konserwatiewe jeug-leier, Charlie Kirk, vermoor het, gevind nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle ‘n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. ‘n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media gesê dit is ‘n […]
# Die Johannesburgse burgemeester Dada Morero sê inwoners van Westbury en nabygeleë gebiede kan tot sewe dae wag vir hul watertoevoer om ten volle te herstel. Hy verduidelik die stad sal ingrypings soos nagtelike afsluitings in ander gebiede instel om die voorsieningsvlakke te verhoog en sê watertenkwaens word onmiddellik ontplooi. Hy belowe ook infrastruktuuropknappings oor […]