# Drie vermeende ontvoerders is doodgeskiet tydens ‘n konfrontasie met Gauteng-polisie in Parktown, Johannesburg. Die polisie sê die mans word verbind met die ontvoering in Junie 2025 van ‘n Chinese burger en het onlangs probeer om ‘n ander sakeman te ontvoer. Owerhede het hul voertuig onderskep terwyl hulle na bewering op pad was om ‘n […]
# Die stigter van Digital Law Company, Emma Sadleir, sê dit is ‘n strafregtelike oortreding om aanlynplasings oor ‘n kind te maak wat met die gereg bots, insluitend die openbaarmaking van slagoffers of oortreders se identiteit. Sadleir het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika oor haar boek How Not to Mess Up Online, beklemtoon dat […]
# Beskuldigde nommer-een in die Senzo Meyiwa-moordverhoor, Muzi Sibiya, ontken alle betrokkenheid of teenwoordigheid in die Basotho-hostel op 26 Oktober 2014. Sibiya hou vol dat die getuienis teen hom verkeerd is en verwerp die bewerings in sy skuldbekentenis. Sibiya sê deur ‘n tolk in die Hooggeregshof in Pretoria dat hy nooit saam met die ander […]
# AfriForum sê onlangse inbrake by die De Brug militêre basis in die Vrystaat, waar plofstof en ammunisie gesteel is, toon Suid-Afrika se militêre basisse is swak beveilig en kwesbaar vir misdaad. Jacques Broodryk van die organisasie doen ‘n beroep op die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, en die leierskap van die […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, geprys vir sy werk en standpunte, terwyl hy ook erken dat hy menslik is en foute gemaak het. Cele sê hy het met Mkhwanazi vergader, wat berou uitgespreek het en die foute as opreg beskryf het. Hoewel hy nog nie gereed […]
# Motorsport: Die Spanjaard Pedro Acosta het die wisselvallige Maleisiese weer bemeester en die vinnigste tyd aangeteken met die Fransman Johann Zarco tweede in ‘n chaotiese tweede oefensessie by die MotoGP in Sepang. Die uurlange middagsessie is met 35 minute vertraag weens ‘n oliekol vroeër in die dag. Die Spanjaard Alex Márquez wat hoop om […]
# Die benoemde ambassadeur, Leo Bozell, het aan die Amerikaanse Senaat se Buitelandse Betrekkinge-komitee gesê indien hy as Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika bevestig word, hy die Suid-Afrikaanse regering sal aanspoor om sy volksmoordsaak teen Israel te laat vaar. Indien sy benoeming deur die komitee goedgekeur word, sal dit vir ‘n volle Senaat-stemming verwys word. Bozell […]