# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die regterpresident van die Oos-Kaapse afdeling van die Hooggeregshof versoek om ‘n regter aan te stel om die heropening van die Steve Biko-doodsondersoek te lei. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die ondersoek vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha heropen. Kubayi se woordvoerder, Terrence Manase, sê […]
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die G20 se klem op wetenskaplik-gegronde maatreëls, deursigtigheid en samewerking oor standaarde is goeie nuus vir uitvoerders, van vrugte en wyn tot diereprodukte. Hy het gister in Kaapstad aan die FNB-rondetafel deelgeneem waar hy verduidelik het hoe vanjaar se G20 kan help om tasbare voordele vir plaaslike […]
# Rugby: Die voormalige Springbok-heelagter en Northam Rhinos se hoofafrigter, Bevin Fortuin, is op 46-jarige ouderdom dood. Hy het volgens berigte net voor ʼn beplande oefensessie ʼn hartaanval gekry. Fortuin het twee keer vir die Springbokke uitgedraf. Hy het in 2006 sy toetsdebuut teen Ierland gemaak en in die Drienasies-reeks in 2007 teen Australië gespeel. […]
# Die adjunk-minister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidential Youth Employment Initiative het sedert sy begin in 2020 sy einddoel om vyf-miljoen jong mense te bereik, verbygesteek. Die inisiatief bevorder aktiewe burgerskap deur jong mense by gestruktureerde diensgeleenthede te betrek om tot hul gemeenskappe by te dra terwyl hulle vaardighede, werksgereedheid en lewensvaardighede […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak dat die polisieklopjag op die kantore van twee burgemeesterskomiteelede onregmatig en ongrondwetlik was. In Januarie het 39 polisiebeamptes op JP Smith en Xanthea Limberg se kantore toegesak ná die ontleding van drie swart boeke wat verband hou met die vermeende bendebaas, Ralph Stanfield. […]
# Gholf: Ludvig Åberg van Switserland en die Fransman Tom Vaillant het agt-onder 64 aangehou vir ‘n gesamentlike voorsprong van een hou na ‘n reën-ontwrigte aanvangsronde van die PGA-kampioenskap op Wentworth in Engeland. Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis met sewe onder, is een hou agter in die derde plek. Matt Fitzpatrick van Engeland is twee agter en […]
# Die ANC hou die naweek in Ekurhuleni sy Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam sal onder meer die stand van plaaslike regering en die dubbele lidmaatskap van lede van die ANC en SAKP bespreek. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan volgende jaar se munisipale verkiesing deel te […]