# Build One South Africa sê hy ondersteun die Gewysigde Immigrasiewetsontwerp, aangesien die integriteit en soewereiniteit van die land se grense respekteer moet word. Die Nasionale Vergadering het gister die wetsontwerp aanvaar, wat bepalings hersien oor die inhegtenisneming en aanhouding van vreemdelinge vir die doel van deportasie. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê as die […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, loof die provinsie se positiewe 2024/2025-oudituitkoms as ʼn stap in die rigting van skoon regering. Die Ouditeur-generaal se oudit-uitkoms volgens die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur toon al 12 provinsiale departemente het vir die eerste keer ongekwalifiseerde ouditmenings gekry. Ses departemente het selfs skoon oudits gekry. Mabuyane sê die […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ActionsSA se bewerings verwerp dat hy die forensiese verslag oor die Telkom Torings geheim hou. Die kompleks wat in 2016 vir sowat 700-miljoen-rand gekoop is as hoofkwartier vir die polisiediens in Pretoria, is in Februarie verlede jaar ontruim en staan sedertdien leeg. Die minister […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om ondersoekmagte na die metropolisie en wetstoepassing uit te brei. Die metro veg vir ʼn mate van regstreekse beheer oor die polisie, met groter vermoë om beleid en aanspreeklikheid te bepaal. Hill-Lewis sê met die oproep vir die afwenteling […]
# Die EFF het die besluit van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom om die omstrede voorgestelde wysigings tot die Nasionale Kredietwet van 2005 terug te trek. Die wysigigings het opvoedkundige instellings as verskaffers van inligting oor krediet, voorgestel. Dit sou beteken dat onbetaalde studiegelde by kreditburo’s aangemeld word. Die EFF […]
# Die MK-party eis die onmiddellike bedanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina. Dit volg nadat die minister onthul het raadsvoorsitters van talle waterinstellings het aansienlike betalings ontvang vir ʼn beperkte getal vergaderings wat hulle bygewoon het. Die MK-party sê raadslede kos die land jaarliks byna 50-miljoen-rand aan raadsfooie, al gaan die […]
# Die Verenigde Nasies waarsku die onlangse Israelse aanval op Katar is ʼn kommerwekkende ontwikkeling wat ʼn nuwe en gevaarlike hoofstuk in die verwoestende konflik kan inlui. Israel het Dinsdag ʼn aanval uitgevoer op Hamas se leierskap in Katar, wat ʼn belangrike bemiddelaar is in gesprekke oor ʼn skietstilstand in Gaza. Vyf Hamas-lede is in […]