# Johannesburg Water sê die Berea-waterstelsel ervaar steeds kritiek lae watervlakke as gevolg van die vraag wat die beskikbare voorraad deurgaans oorskry. ‘n Woordvoerder van Johannesburg Water, Pheladi Ramatshila, sê as deel van ‘n korttermyn-oplossing word die Berea-reservoir se uitlaat daagliks gesluit om die vlak te verhoog. Sy sê Johannesburg Water het die 50-persent-protokol ingestel […]
# Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het twee voormalige veldwagters tot 14 jaar regstreekse gevangenisstraf gevonnis vir renosterstroop-verwante oortredings. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê in Mei 2018 is Freedom Mabilane en Tshifiwa Ramunashi ontplooi om die Houtboschrand-gedeelte van die Krugerwildtuin te patrolleer toe toeriste skote gehoor het. Sy sê hulle het valslik […]
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê ondanks die afname in die waarde van goedere-uitvoere in die eerste en tweede kwartale van hierdie jaar, toon Suid-Afrika se landbousektor steeds veerkragtigheid. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se betalingsbalansverslag, wat hierdie week vrygestel is, het die land se handelsoorskot […]
# Krieket: Phil Salt se rekordtelling van 141 nie uit, het die grondslag gelê vir Engeland se rekordtelling van 304 vir twee, wat meer as voldoende was vir ‘n oorwinning met 146 lopies teen Suid-Afrika in die tweede T20 op Old Trafford in Manchester gisteraand. Salt se honderdtal het gekom van slegs 39 balle met […]
# Die regering het kennis geneem van Fitch se besluit om Suid-Afrika se langtermyn-skuldgradering in buitelandse en plaaslike geldeenhede op BB- te bevestig en ‘n bestendige vooruitsig te handhaaf. ‘n Senior ontleder vir risiko’s in lande, Benni Mphaphuli, sê volgens Fitch word Suid-Afrika se kredietgradering deur verskeie faktore beperk. Dit sluit in lae reële BBP-groei, […]
# Nepal se voormalige hoofregter van die Hooggeregshof, Sushila Karki, het die land se tussentydse eerste minister geword nadat gewelddadige teen-korrupsie-betogings die regering uit die kussings gelig het. Die 73-jarige Karki is tydens ‘n kort seremonie ingehuldig en het die eerste vrou geword om die verarmde Himalaja-nasie te lei nadat ‘n ooreenkoms met die leiers […]
# Atletiek: Die silwermedaljewenner in die 200-meter op 2023 se wêreldkampioenskap, die Amerikaner Erriyon Knighton, is vir vier-jaar geskors vir opkikkergebruik. Die 21-jarige is in Mei verlede jaar aangekla nadat hy buite kompetisie positief getoets het vir ‘n verbode anaboliese steroïed. Die Amerikaanse Agentskap teen Opkikkergebruik wou hom straf, maar ‘n arbitrasie-tribunaal het bevind dat […]
# Rugby: Die jarelange mededinging tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal vandag in die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Engeland voortleef. Die Springbok-vroue kom teen die verdedigende kampioen te staan in die eerste kwarteindstryd, wat vanmiddag twee-uur in Exeter afskop. Kanada en Australië speel daarna in Bristol. Frankryk en Ierland speel môre in Exeter vir ‘n plek […]