# Die UDM doen ‘n beroep op ‘n dringende nasionale hersiening van polisiëringsvermoë aangesien voortdurende bendegeweld steeds baie gemeenskappe regoor die land raak. Bongani Maqungwana van die UDM sê gemeenskappe in Kaapstad is vasgevang in die greep van misdaad, bendegeweld en dwelmmisbruik, terwyl die polisie steeds versuim om sy grondwetlike plig te vervul om veiligheid […]
# Die DA dring aan op die bedanking van die Oos-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Bukiwe Fanta, nadat 70 kinders hierdie jaar van honger dood is. In ‘n antwoord in die parlement het Fanta erken dat haar departement slegs nege voedselpakkies in die eerste drie maande van die jaar versprei het. Marlene Ewers van die […]
# Sokker: Die hoofafrigter van Arsenal, Mikel Arteta, erken dat sy titelteenstanders Liverpool die sterkste groep in die Premierliga samgebring het, nadat die kampioene met Alexander Isak ‘n kontrak onderteken het vir ‘n Britse rekordbedrag. Liverpool het ‘n enorme bedrag van 2,9-miljard-rand aan Newcastle uitbetaal vir die Sweedse doelskieter wat nog ‘n verdere aanvalsopsie by […]
# Die adjunkminister van Justisie, Andries Nel, het die Booysens Hof vir Klein Eise oopgemaak – die 417de van sy soort in Suid-Afrika. Nel het by die Booysens Landdroshof gepraat en die howe se rol in die oorbrugging van gapings met geregtigheid uitgelig, vir diegene wat nie regsverteenwoordiging kan bekostig nie. Nel sê hierdie howe […]
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê nuwe bilaterale plantveiligheidsooreenkomste word gefinaliseer om toegang tot markte te verkry soos China vir avokado’s, Indië vir vars produkte, Japan vir graanprodukte en die Midde-Ooste vir beesvleis. Dit volg na die besluit van die VSA om ‘n eensydige tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel. […]
# Rugby: ‘n Uitstekende Springbok-span het hul naam in ere herstel na verlede week se swak vertoning teen hul aartsvyande, die All Blacks. Die All Blacks het teen rustyd met 10-7 in Wellington voorgeloop, met beide spanne wat ‘n drie gedruk het. Cheslin Kolbe het die Suid-Afrikaanse ondersteuners in die stadion op hul voete gehad […]
# Rugby: ‘n Baie verbeterde Springbok-span werk hard om hul reputasie te herstel na verlede week se treurige vertoning teen hul aartsvyande, die All Blacks. Die All Blacks loop teen rustyd met 10-7 voor in Wellington, met beide spanne wat ‘n drie gedruk het. Cheslin Kolbe het die Suid-Afrikaanse ondersteuners in die stadion op hul […]