# Durban se Universiteit vir Tegnologie maak gereed om dié week tydens die 2025 Lente-gradeplegtighede grade en diplomas aan 940 studente toe te ken wat hul studies vlotooi het. Die lys graduandi sluit 553 vroue en 387 mans in. Altesaam 59-persent van die gegradueerdes is vroue. Die universiteit sal ook ‘n eredoktorsgraad aan die bekende […]
# Rugby: Die vier voorste spanne is deur na die halfeindronde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi. Die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, het Suid-Afrika 46–17 verpletter en ‘n opwindende halfeindstryd word Vrydag verwag teen die wêreld-nommer-twee, Kanada, wat Australië in die kwarteindronde 46–5 afgeransel het. In die ander deel van die trekking kom die gasvrou en wêreld-nommer-een, Engeland, Saterdag […]
# Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, sê die verdagte in die moord op die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk gee nie sy samewerking aan die owerhede saam nie, maar mense na aan hom wel. Die 22-jarige Tyler Robinson is Donderdagaand in hegtenis geneem ná ‘n soektog van 33-uur. Kirk, ‘n bondgenoot van president Donald Trump, […]
# Gauteng se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, sê sy is vasberade om vaardigheidsontwikkeling en opleidingsgeleenthede aan gewese dwelmgebruikers te bied om hulle te bemagtig om weer in die samelewing opgeneem te word en ‘n produktiewe lewe te lei. Die LUR het onlangs die regering se Bakae-inisiatief in Soweto besoek, wat sedert 2022 meer […]
# Ondersoek word ingestel na die omstandighede rondom ʼn brand in ʼn gebou in Sunnyside, Pretoria, waarin twee mense gister dood is. Die Stad Tshwane se nooddienste is vieruur gisteroggend uitgeroep na ʼn brand in Sunnyside. Met hul aankoms by die De Williershof-gebou het brandbestryders die kelder in vlamme aangetref. Tshwane-nooddiens se woordvoerder, Nana Radebe-Kgiba, […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die ANC/EFF-geleide Ekurhuleni-metro se sogenaamde openbare deelnameproses oor voorgestelde elektrisiteitstariewe vir die 2025/2026-boekjaar is net vertoon. Jennifer Glover van die party sê volgens die kennisgewing oor openbare vergaderings is daar slegs drie: by die Boksburg-burgersentrum, die Rabasotho-saal in Thembisa en die KwaThema-gemeenskapsentrum. Sy sê dit dwing inwoners van gebiede soos […]
# Die DA eis die onmiddellike opskorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Kubaanse ontplooiingsplan. Die Weermag wil volgende jaar 20 van sy soldate teen 28-miljoen-rand na Kuba stuur vir kursusse, hoewel dit nie hier erken word nie. Die maandelikse koste per student vir die kursus van twee jaar beloop tussen 115- en 140-duisend-rand. Chris […]