# President Cyril Ramaphosa sê wanneer die Staatsdiens goed funksioneer, is dit ‘n kragtige instrument vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling, maar wanneer dit wankel, ly die kwesbaarste burgers daaronder. September is Staatsdiensmaand. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die Staatsdiens ondervind beduidende uitdagings, insluitend korrupsie en te min vaardighede. Hy sê die regering versterk […]
# Die polisie in Kraaifontein in Kaapstad soek na die skuldiges in ‘n reeks moorde en geweldsmisdade die afgelope naweek. Vier mense is in afsonderlike voorvalle dood, insluitend ‘n skietery in en om die Mhongqo-informele nedersetting en een steekvoorval Saterdag. Die polisie ondersoek vier moorde, een poging tot moord en ‘n verkragting. Die motief vir […]
# Die polisie in Tshwane sê die soektog na drie verdagtes wat ʼn polisiebeampte Vrydag in Temba, Hammanskraal, vermoor het, gaan voort. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê beamptes het die Chris Hani-afdeling, Blok G, gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte voertuig opmerk. Sy sê toe hulle die voertuig nader, is ʼn 33-jarige konstabel noodlottig gewond. Muridili […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê die ondersoek na sy adjunk, Kenny Kunene, is sowat twee maande ná sy skorsing bykans afgehandel. Kunene word ondersoek ná sy besoek in Julie aan die huis van Katiso “KT” Molefe, die vermeende baasbrein agter die moord op Oupa Sefoka, algemeen bekend as DJ Sumbody. […]
# Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die regering moet ʼn streng teiken stel vir vrystellingvermindering teen 2035. Hy het die langverwagte Nasionale Klimaatrisiko-beoordeling vrygestel wat Australië se eerste omvattende uiteensetting gee van die gevolge wat die klimaat inhou. Die verslag beklemtoon die verhoogde gevaar van hitte-verwante sterftes en stygende seevlakke […]
# Die Wes-Kaap se LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die verifikasieproses vir begunstigdes van behuising bied aan inwoners wat reeds op die databasis vir behuising is, die geleentheid om hul registrasie na te gaan. Die departement het die naweek ‘n suksesvolle verifikasieveldtog vir dié begunstigdes in die Stad Kaapstad se Subraad 14-gebied gehou. Simmers […]
# Die Stad Tshwane se Gesondheidsdepartement hervorm klinieke in klimaatsveerkragtige ruimtes. Hy doen dit deur bome te plant wat skaduwee verskaf om temperature te verlaag, natuurlike skerms teen hittegolwe te bied en sodoende koeler en veiliger omgewings te skep. Die projek is deel van die metro se verbintenis tot netto-nul-vrystelling en klimaatweerstandigheid teen 2050. Die […]