# Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in strate veroorsaak. Sy versoek inwoners om hierdie gebiede en waterweë te vermy […]
# ‘n Mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het misluk. Honderd-44 raadslede het teen die DA se mosie gestem, 75 ten gunste daarvan en 43 het buite stemming gebly. ‘n Belangrike ANC-bondgenoot, ActionSA, het buite stemming gebly en gesê hy kan nie Morero se rekord verdedig nie. Die GOOD-party het gewaarsku […]
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n gebrek aan gevolgsbestuur vir onderpresterende amptenare en politici is onaanvaarbaar. Ramaphosa beklemtoon aanspreeklikheid moet strek tot beide die verkose verteenwoordigers en staatsamptenare. Hy het die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek en sê dissiplinêre stappe moet gedoen word indien pligte nie nagekom word nie. Hy voeg by die sewende administrasie […]
# President Cyril Ramaphosa het die terugbetaling van onbestede diensleweringsfondse aan die Tesourie as verraad teen die mense bestempel. Hy het in die Nasionale Raad van Provinsies die swak besteding aan noodsaaklike infrastruktuur gekritiseer en gesê dit ondermyn die publiek se vertroue in die regering. Hy het wanbestuur, swak beplanning, en gebrekkige kapasiteit as sleutelkwessies […]
# ’n Koue front het tot wydverspreide oorstromings in dele van Kaapstad gelei. ’n Vlak twee-weerwaarskuwing vir ontwrigtende reën en ’n vlak vier-waarskuwing vir skadelike golwe bly van krag. Verskeie paaie, insluitend dele van die N1, N2, M3 en M5, word geraak. Die stad het noodspanne op bystand geplaas en inwoners en motoriste aangeraai om […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het by NAVO-leiers aangesluit en die verbintenis herbevestig om mekaar te beskerm, nadat bondgenote ooreengekom het om besteding op verdediging te verhoog. Trump het ‘n belangrike buitelandse beleidsoorwinning behaal toe hy die 32 NAVO-lande oortuig het om in te stem tot sy teiken van vyf-persent van BBP vir verdedigingsbesteding. […]
# Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, onmiddellik af te dank en beskuldig haar daarvan dat sy twee keer vir die Parlement leuens vertel het. Die party sê in ‘n ope brief sy het die Parlement mislei om haar rol met die aanstelling van ANC-kaders […]