# ’n Koue front het tot wydverspreide oorstromings in dele van Kaapstad gelei. ’n Vlak twee-weerwaarskuwing vir ontwrigtende reën en ’n vlak vier-waarskuwing vir skadelike golwe bly van krag. Verskeie paaie, insluitend dele van die N1, N2, M3 en M5, word geraak. Die stad het noodspanne op bystand geplaas en inwoners en motoriste aangeraai om […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het by NAVO-leiers aangesluit en die verbintenis herbevestig om mekaar te beskerm, nadat bondgenote ooreengekom het om besteding op verdediging te verhoog. Trump het ‘n belangrike buitelandse beleidsoorwinning behaal toe hy die 32 NAVO-lande oortuig het om in te stem tot sy teiken van vyf-persent van BBP vir verdedigingsbesteding. […]
# Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, onmiddellik af te dank en beskuldig haar daarvan dat sy twee keer vir die Parlement leuens vertel het. Die party sê in ‘n ope brief sy het die Parlement mislei om haar rol met die aanstelling van ANC-kaders […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se droom om die laaste-16 van die FIFA Klub-Wêreldbekertoernooi te bereik, is vanaand in die weegskaal wanneer hulle teen die Brasiliaanse reus, Fluminense, speel in ‘n deurslaggewende Groep F-wedstryd in Amerika. ‘n Oorwinning sal verseker dat hulle deurgaan, maar as Dortmund met Ulsan HD afreken, sal ‘n gelykop-uitslag moontlik nie genoeg […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het eenheid en respek vir demokratiese waardes gevra te midde van ‘n mosie van wantroue teen hom. Die raad se hoofsweep en die ANC-raadslid, Sthembiso Zungu, sowel as die raad se speaker en Nobuhle Mthembu van ActionSA kan ook mosies van wantroue teen hulle verwag. Morero het die […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het twee inspekteurs van die Infrastruktuureenheid geskors, nadat hulle betrokke was by ‘n herstelprojek by die Noordgesig Secondary School. Dit volg na ‘n brand op 27 Junie 2024 by die skool in Soweto. Die departementele woordvoerder Steve Mabona sê ten spyte van fondse wat vir dringende herstelwerk bewillig is, […]
# Die DA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, moet dringend lig werp op haar drie-maande omkeerplan om die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te keer. Die party voer aan dit lyk of Motshekga uit voeling is met die Weermag se krisis en verdedig aanhoudend luukse uitgawes terwyl kritieke bedrywighede onderbefonds word. Nicholas […]