Sokker: Die Europese Unie-kommissaris Jozef Sikela en die CAF-president Patrice Motsepe het ‘n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Die inisiatief is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker regoor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen-rand in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap is bedoel om infrastruktuur te verbeter en […]
# Sokker: Manchester United het ‘n fiksheidshupstoot gekry aan die vooraand van vanaand se Europaliga-eindstryd toe Joshua Zirkzee, Diogo Dalot en Leny Yoro almal gister weer begin oefen het. Ruben Amorim se span berei voor om Tottenham vanaand in Bilbao, Spanje, te pak. Zirkzee is vroeër vir die res van die seisoen uitgesluit, maar die […]
# Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het die Kabinet se goedkeuring van die kritieke minerale en metale-strategie aangekondig, asook die publikasie van die 2025 Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling vir openbare kommentaar. Mantashe het op ‘n nuuskonferensie gesê die strategie gee voorrang aan minerale soos platinum, mangaan en ystererts, terwyl die […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het met Franse en Suid-Afrikaanse ondernemings gesprek gevoer tydens ‘n Rondetafel-ontbytdialoog wat deur Mouvement des Entreprises de France International in Parys aangebied is. Hy het verwys na Suid-Afrika se infrastruktuurplan ter waarde van 940-miljard-rand en Franse belegging in vervoer, energie en vervaardiging uitgenooi. Mashatile het ook verwys na die Europese Unie […]
# SANParke het 42 olifante suksesvol vanaf die Addo Olifant Nasionale Park se hoofkamp na die Kabouga-gedeelte hervestig. Die stap is daarop gemik om eertydse olifant-deurgange en ekologiese balans te herstel. Die operasie is gelei deur kundige bewaringspanne, met die ondersteuning van die Global Humane Society. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die olifante sal […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n klag van laster teen minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, ingedien, Hulle eis ‘n verskoning vir wat hulle valse en skadelike beskuldigings noem. Ntshavheni het Solidariteit en AfriForum daarvan beskuldig dat hulle waninligting en selfs verraad versprei het tydens hul besoek aan die VSA. Solidariteit se Pieter Jordaan sê die […]