# Krieket: Suid-Afrika en Australië speel teen mekaar in een halfeindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes, maar daar is groot onsekerheid oor die ander wedstryd tussen die aartsvyande, Indië en Pakistan. Hulle groepswedstryd is vroeër afgestel nadat sommige Indiese spelers geweier het om te speel weens die onlangse grens-botsings. ‘n Indiese borg het ook aan […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, bepleit ‘n groter fokus op die rol wat vroueleiers in die bevordering van inklusiewe en blywende vrede speel. Didiza het in Genève tydens die 15de Spitsberaad van Vrouespeakers in die Parlement gesê vroue dra steeds die las van veiligheid en sekerheid, maar word nie ingesluit by […]
# Bain and Company gaan sy konsultasie-onderneming in Suid-Afrika sluit as gevolg van die nimmereindigende stigma wat veroorsaak is deur sy rol in die staatskaping-skandaal gedurende die presidentskap van Jacob Zuma. Na omstrede werk by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en ‘n regeringsverbod, het Bain gesukkel om vertroue te herwin en kliënte en skeppende talente verloor. Die […]
# Die Noordwes-Universiteit is benoem as een van die top drie universiteite in Suid-Afrika in die kategorie Beste Loopbaandiens by die toekennings van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die indiensneming van Gegradueerdes. Die toekennings vier uitnemendheid en innovasie by nagraadse indiensneming en ontwikkeling. Die kategorie Beste Loopbaandiens word bepaal deur terugvoer van werkgewers en nagraadse studente, […]
# Die Wes-Kaapse LUR van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die Franco Three Fountains-natuurreservaat beskerm unieke ekosisteme en bedreigde spesies. Die 20-hektaar natuurreservaat, geleë in die Klein Dassenberg-kleinhoewegebied naby Kaapstad, is as ‘n beskermde gebied verklaar. Dit is die eerste beskermde gebied wat toegewy is aan die beskerming van die seldsame en […]
# Die eThekwini-munisipaliteit het die land se eerste Wêreld-handelsentrum in die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum opgerig. Dit maak Durban die eerste Suid-Afrikaanse stad om by die toonaangewende Wêreld-handelsentrumvereniging aan te sluit. Durban is nou deel van ʼn wêreldwye netwerk van meer as 300 wêreld-handelsentrums in byna 100 lande en sluit stede soos New York, […]
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie is vandag gasheer vir die derde vergadering van die G20-werksgroep vir energieoordrag by Sun City in Noordwes. Die driedaagse vergadering is deel van Suid-Afrika se G20-vergaderings wat gevorderde beleidskoördinasie oor volhoubare energie, infrastruktuurontwikkeling en klimaatsweerstandigheid insluit. Onderwerpe wat bespreek word, sluit in strategiese vennootskappe om energiedoeltreffendheid in Afrika […]
# Die Johannesburgse Metropolisie sê drie verdagtes wat betrokke was by ‘n video wat op sosiale media versprei is, is in hegtenis geneem. Die video wys ‘n jong seun wat dwelms in ‘n bottelnek vir sy ma aansteek, wat hom toe aanmoedig om dit te rook in die teenwoordigheid van ander volwassenes. Die Metropolisie se […]