# Die Grensbestuursowerheid se kommissaris, Michael Masiapato, sê geen nuwe wette wat met Suid-Afrikaners se beweging oor die landsgrense verband hou, is ingestel nie. Dit volg nadat ʼn boodskap wyd versprei is waarin beweer word ʼn nuwe wet vereis dat alle persone wat in Suid-Afrika gebore is, die land slegs met ʼn Suid-Afrikaanse paspoort mag […]
# Die ANC in Kaapstad eis ‘n onmiddellike onafhanklike ondersoek na die gewelddadige aanval op ‘n EFF-raadslid. In ‘n videogreep word gesien hoe veiligheidspersoneel vir Mzubani Dambuza tydens ‘n gedwonge verwydering uit Woensdag se Kaapstadse raadsvergadering, wurg todat hy bewusteloos is. Hy het ‘n aanrandingsklag by die polisie gelê. Die ANC se koukuswoordvoerder, Judy-Ann Stevens, […]
# Kanada se Kamer van Koophandel het president Donald Trump se hoër tariewe vir die land veroordeel. Trump het gister ʼn uitvoerende bevel onderteken wat tariewe vir Kanada van 25- tot 35-persent verhoog. Hy sê dis deels te wyte aan Kanada se versuim om die invloei van onwettige dwelms oor die grens na Amerika te […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Uitvoerondersteuningskantoor bekendgestel. Dis ʼn direkte kontakpunt vir maatskappye wat geraak word deur die 30-persent-heffing op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika wat vandag van krag word. Die kantoor sal onder andere inligting verskaf oor verwikkelings, raadgewende dienste aan uitvoerders bied oor alternatiewe uitvoerbestemmings, asook riglyne […]
# Die vakverbond Cosatu het die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre beleidskomitee om die terugkoopkoers met 25 basispunte te verlaag, verwelkom. Die terugkoopkoers waarteen die sentrale bank geld aan kommersiële banke uitleen, is tans sewe-persent, terwyl die prima uitleenkoers tot 10,5-persent verlaag is. Die woordvoerder van Cosatu, Zanele Sabela, sê die verlaging in […]
# Krieket: Die linkerhandse draaiboulers Keshav Maharaj en Nonkululeko Mlaba is op Krieket Suid-Afrika se toekenningsgeleentheid in Johannesburg aangewys as onderskeidelik mans- en vrouespeler van die jaar. Kaptein Temba Bavuma, wat die Proteas in hul eerste Wêreld-toetskampioenskap-sege gelei het, is aangewys as toetsspeler en ondersteuners se gunsteling van die jaar. Heinrich Klaasen, wat uitgetree het, […]