# Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ‘n boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring tydens die kortste presidentsveldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar veldtog vandat oudpresident Joe Biden aan die wedloop onttrek het tot president Donald Trump se oorwinning in […]
# Die Johannesburgse metropolisie het gister drie verdagtes aangekeer wat met die kraginfrastruktuur in Lenasia gepeuter het. Die metropolisiedepartement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê beamptes het by Tugela-rylaan in Lenasia Uitbreiding 9 aangekom en die verdagtes op heter daad betrap terwyl hulle besig was om onwettige elektrisiteitsverbingings aan ‘n kragboks te koppel. Fihla sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die rentekoers met nog 25 basispunte te verlaag, is die regte besluit gegewe die lae inflasie en trae groei in die bruto binnelandse produk. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Hy sê die laer leenkoste is […]
# Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radioaktiewe isotope in die horing te plant. Die Rhisotope-projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting by landsgrense reg oor […]
# Kaapstad se beroemde stadsaal-horlosie slaan weer nadat dit ten volle gerestoureer is. Die horlosie, wat in 1905 ingesit is, is in Maart vanjaar verwyder vir herstelwerk aan die klokke en slagwerk-meganisme. Die horlosie het die ikoniese agtergrond geword vir vele belangrike gebeure op die Parade, soos die aanskakel van die feesliggies en die begin […]
# Die DA het kommer uitgespreek oor Lugvaartkoördineringsdiens se bewerings van verydeling deur die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika. Die diens sê die handgranaatvoorval op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Mei kon vermy word as ACSA nie pogings verhinder het om verouderde bagasie-skandeertoerusting te vervang nie. ‘n Ongeaktiveerde opleidingshandgranaat is per ongeluk tydens skandering deurgelaat. Die […]
# Die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid en Maatskaplike Ontwikkeling, Palesa Modise, sê lotingsessies vir die Uitgebreide Openbarewerkeprogram sal voortgaan. Die eerste sessie is twee maande gelede gehou. Die tweede sessie vind vandag plaas en die derde op die 28ste van hierdie maand. Modise se woordvoerder, Sthembiso Skosana, sê die sessies is deel van […]