#Die Universiteit van Johannesburg sê Theatre 101, ‘n unieke interdissplinêre leerondervinding gerig op die herverbeel van die toekoms van teater, was ‘n groot sukses. Meer as 300 tweedejaarstudente het aan die projek deelgeneem. Die studente in teaterontwerp, bemarking, mode-ontwerp en skone kunste, het twee weke lank werk aangebied wat geïnspireer is deur The Bacchae of Euripides: […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het die sinnelose moord op ʼn Oos-Kaapse aanklaer veroordeel. Tracy Brown, wat verbonde was aan die New Brighton-landdroshof in Gqeberha, is gister buite haar huis doodgeskiet. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê Brown se moord is ʼn aanval op die oppergesag van die reg en […]
# Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê hulle sal vandag […]
# Die DA sê die instel van die heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika is ‘n vernietigende vooruitsig. President Donald Trump het gister ‘n uitvoerende bevel onderteken waarin invoertariewe van meer as 60 lande aangepas is. Kanada s’n is verhoog van 25- tot 35-persent. Toby Chance van die DA sê die Departemente van […]
# Kaapstad se metropolisie het gister in verskillende dwelmklopjagte ses verdagtes in hegtenis geneem en op smokkelware met ‘n beraamde straatwaarde van 186-duisend-rand beslag gelê. Die metropolisie se woordvoerder, Ruth Solomons, sê ‘n wenk oor vuurwapens en dwelmmiddels wat vervoer word, het beamptes gelei na die plek waar hulle op sowat ses-duisend Mandraxtablette beslag gelê […]
# Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ‘n boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring tydens die kortste presidentsveldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar veldtog vandat oudpresident Joe Biden aan die wedloop onttrek het tot president Donald Trump se oorwinning in […]
# Die Johannesburgse metropolisie het gister drie verdagtes aangekeer wat met die kraginfrastruktuur in Lenasia gepeuter het. Die metropolisiedepartement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê beamptes het by Tugela-rylaan in Lenasia Uitbreiding 9 aangekom en die verdagtes op heter daad betrap terwyl hulle besig was om onwettige elektrisiteitsverbingings aan ‘n kragboks te koppel. Fihla sê die […]