# Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president Cyril Ramaphosa se reg […]
# SANParke sluit vandag by die res van die wêreld aan om Mariene Bewaringsgebiede-dag te vier met die tema, Oseaanbeskerming het menslike kontak nodig. Die dag gee erkenning aan die belangrike rol wat mariene bewaringsgebiede speel in die bewaring van mariene verskeidenheid, beskerming van visserye, bekamping van klimaatsverandering en ondersteuning van kusgemeenskappe. Suid-Afrika se oudste […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het kommer uitgespreek oor die regstreekse stroming van hofverrigtinge in ʼn saak waarby ʼn ma en drie medebeskuldigdes in die Johannesburgse Landdroshof betrokke is. Die saak hou verband met ʼn video waarin ʼn vierjarige kind na bewering ʼn dwelmmiddel saam met die beskuldigdes rook. Die NVG se streekswoordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê ʼn […]
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê sy departement sal nooit klagtes oor die beweerde misbruik van GOP-huise vir onwettige bedrywighede ignoreer nie. Dit volg op klagtes oor mense wat onwettig GOP-huise verkoop wat die departement gebou het. Duma se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê daar was spesifiek ‘n vloedgolf van […]
# Die GOOD-party sê hy het aansoek gedoen om aan te sluit by die Suid-Afrikaanse Eienaarseiendomsvereniging se hofsaak oor die Stad Kaapstad se besluit om sekere vaste kostes aan eiendomswaardes te koppel. Die hofsaak handel oor die skoonmaaktarief, die vaste waterkoste en vaste sanitasiekoste as deel van die metro se begroting vir 2025/26. GOOD se […]
#Die Universiteit van Johannesburg sê Theatre 101, ‘n unieke interdissplinêre leerondervinding gerig op die herverbeel van die toekoms van teater, was ‘n groot sukses. Meer as 300 tweedejaarstudente het aan die projek deelgeneem. Die studente in teaterontwerp, bemarking, mode-ontwerp en skone kunste, het twee weke lank werk aangebied wat geïnspireer is deur The Bacchae of Euripides: […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het die sinnelose moord op ʼn Oos-Kaapse aanklaer veroordeel. Tracy Brown, wat verbonde was aan die New Brighton-landdroshof in Gqeberha, is gister buite haar huis doodgeskiet. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê Brown se moord is ʼn aanval op die oppergesag van die reg en […]