# Sokker: Christiano Ronaldo het na maande se bespiegeling sy kontrak met die Saoedi-Arabiese klub Al Nassr met twee jaar verleng. Die Portugese superster het in 2023 in die koninkryk aangekom om vir die klub te begin speel, wat gelei het tot ’n toestroming van ouers spelers na die olieryke land. Ronaldo was die Pro-liga […]
# Krieket: ‘n Stophorlosie-reël word in toetskrieket bekend gestel weens die jarelange probleem van stadige boulwerk. Die reël, wat reeds die afgelope jaar in witbalkrieket van krag is, dwing die veldwerkspan om met ‘n boulbeurt te begin binne ‘n minuut nadat die vorige een geëindig het. Die Internasionale Krieketraad sê ‘n elektroniese horlosie langs die […]
# DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste in die Parlement gesê […]
# Die veteraan Suid-Afrikaanse aktrise, Meme Ditshego, is gister in die ouderdom van 60 in die hospitaal dood ná ‘n kort siekbed. Sy is veral bekend vir haar rol as Joyce Mlambo in The Coconuts, maar ook vir haar rolle in die Afrikaanse dramareeks Sterk Skemer, Erfsondes, Soul Buddyz, Muvhango, Kompleks en Skeem Saam. Sy […]
# Die hoof van die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, Dumisani Khumalo, is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Khumalo word aangekla van korrupsie rakende beweerde onreëlmatige aanstellings en plundering binne die afdeling. Dit volg na ‘n ondersoek oor die misbruik van staatsfondse en onwettige aanstellings. Volgens News24 word die saak nou deur die […]
# Die nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het Operasie Shanela twee in Kaapstad van stapel gestuur. Hy het polisiebeamptes toegespreek en gevra vir ferm optrede teen misdaad om gemeenskapsveiligheid te verseker. Masemola het die beamptes opdrag gegee om drank- en vuurwapenwette af te dwing, op te tree teen afpersers en mense met uitstaande lasbriewe te arresteer:
# Die opperhoof van die Bakgatla Ba Kgafela-kultuurgemeenskap, Kgosikgolo Kgafela Kgafela die Tweede, en AfriForum het ‘n geskiedkundige samewerkingsooreenkoms in Kaapstad onderteken om vrede, kulturele onafhanklikheid en samewerking te bevorder. Die ooreenkoms fokus op selfbestuur, kulturele bewaring, landbou-ontwikkeling en wedersydse respek. Kgafela sê die ooreenkoms respekteer die opofferings van voorouers en is daarop gemik om […]