# Rugby: Die Walliese vleuel Louis Rees-Zammit keer terug na rugby-unie nadat hy sy poging laat vaar het om Amerikaanse voetbal te speel. Hy het verlede seisoen by Jacksonville Jaguars deurgebring nadat Kansas City Chiefs hom laat gaan het, maar het geen NFL-verskynings gemaak vir enige van die twee spanne nie. Die blitsvinnige 24-jarige voormalige […]
# Duitsland sal binnekort nog twee Amerikaanse Patriot-lugverdedigingstelsels aan Oekraïne lewer, met Kiëf wat veg teen ‘n groeiende aantal Russiese hommeltuig- en missielaanvalle. Die Duitse ministerie van Verdediging sê nadat ‘n ooreenkoms met die Verenigde State bereik is, sal die Duitse weermag eersdaags bykomende Patriot-lanseerders lewer, en sal verdere toerusting in die volgende twee tot […]
# Krieket: Gus Atkinson was Engeland se beste bouler in Indië se eerste beurt in die laaste toets op die Oval in Londen. Hy het vyf paaltjies geneem en gehelp om die besoekers vir slegs 224 uit te knikker. Josh Tongue het drie paaltjies platgetrek. Indië het op die tweede oggend hulle beurt hervat op […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy regering is teleurgesteld oor die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om tariewe op Kanadese goedere tot 35-persent te verhoog. Die Amerikaanse leier het gewaarsku oor handelsgevolge vir Kanada nadat Carney planne aangekondig het om ‘n Palestynse Staat te herken tydens die VN se Algemene Vergadering […]
# President Cyril Ramaphosa het reageer op kommer oor die situasie met twee ministers van Polisie nadat Firoz Cachalia vanoggend by die Uniegebou ingehuldig is as die waarnemende minister. Cachalia neem waar terwyl Senzo Mchunu op spesiale verlof is en tans voorberei om voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Ramaphosa sê hierdie tegniese punt sal binnekort […]
# Die nuut-aangestelde waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia sê die misbruik van wetstoepassingsmagte is ‘n groeiende bron van kommer. Cachalia het by die Uniegebou in Pretoria beklemtoon dat die polisie binne die wet moet optree wanneer hulle met gewelddadige misdadigers te doen kry. Hy het verwys na voorvalle soos Marikana en Andries Tatane, en […]