# Nuwe navorsing deur Cresco beklemtoon veranderings aan Suid-Afrika se gereguleerde elektrisiteitstariewe kan mededinging en beleggings ondermyn, voor die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Groothandel-elektrisiteitsmark in 2026. Dit sluit die Megaflex-grootmaatgebruikerstarief in. Eskom dring aan op ‘n hoër vastekosteverhouding, maar ontleders waarsku dit kan die kragvoorsienier se oorheersing versterk, onafhanklike kragprodusente afskrik en kleiner verbruikers belas. […]
# Die Activists and Citizens Forum doen ‘n beroep op die Madlanga-kommissie en die Parlementêre ad hoc-komitee om die hoogs-geheime Phala Phala-verslag te deklassifiseer. Miljoene rande in buitelandse valuta is in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel. Die forum voer aan die klassifisering is ‘n poging om die waarheid te verdoesel […]
# ANC-president Cyril Ramaphosa sê raadslede het die mag om die samelewing te verander en burgers se lewens te verbeter. Ramaphosa het duisende raadslede by die FNB-stadion in Johannesburg in Gauteng toegespreek en gesê plaaslike regering het die grootste potensiaal om verandering te dryf, dienste te lewer en die demokrasie te versterk. Hy het raadslede […]
# Atletiek: Die Sweeds-Amerikaanse paalspringatleet, Mondo Duplantis, het sy eie wêreldrekord vir ‘n 14de keer verbeter met ‘n ongelooflike sprong van 6,30-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Die 25-jarige het reeds die goue medlaje ingepalm toe die jong Griekse atleet, Emmanouil Karalis, op ses meter uitgeval het. Die luidrugtige skare het Duplantis daarna gehelp […]
# Die Paroolraad het die moordenaar Donovan Moodley se vrylating op parool goedgekeur, maar die finale besluit berus by die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald. Die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste sal die besluit nou hersien. Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op die universiteitstudent, Leigh Matthews, en is […]
# Netbal: Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, in ‘n vennootskap met Aspen Pharmacare, het vandag twee opgeknapde netbalbane by die Mid-Ennerdale Primary School oorhandig. Beamptes het gewys op die belangrike rol van sport om jeugdiges van die strate af te hou, die bevordering van dissipline, en gemeenskappe bymekaar te bring. Die oorhandinging val […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het die herroeping aangekondig van die Ford Ranger Wildtrak-, Tremor- en Platinum 2025–2026-voertuie. Daar is ‘n probleem met die remversterker wat die risiko vir ongelukke verhoog. Meer as vyf-duisend-600 eenhede word geraak, met herstelwerk wat gratis by Ford-handelaars aangebied word. Intussen is meer as 124-duisend Mitchum-aanrolprodukte herroep nadat ‘n vervaardigingsverandering velreaksies […]