# Die GOOD-party in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die George Munisipaliteit om die toekenning van tenders bekend te maak. Die party sê twee maatskappye, Ruwacon en Henra het tenders van byna ‘n halfmiljard-rand ontvang, maar ses tenders se waarde is glad nie bekend nie. Chantelle Kyd van Good sê Ruwacon het van 2022 […]
# Eskom sê die kragstelsel is steeds betroubaar, ondersteun deur ‘n verbeterde Energiebeskikbaarheidsfaktor, wat beter verrigting by aanlegte bied en Eskom in staat stel om aan die winter-elektrisiteitsvraag te voldoen. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die opwekkingsvloot lewer goeie werksverrigting, met meer as die helfte van Eskom se veertien steenkoolkragstasies wat nou teen ‘n beskikbaarheid […]
# Atletiek: Die Amerikaanse atleet Sha’Carri Richardson was Vrydag gewikkel in ‘n nuwe omstredenheid nadat dit aan die lig gekom het dat sy in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding van haar kêrel, Christian Coleman, kort voor die Amerikaanse Atletiekkampioenskap in Oregon. Die polisie het Richardson aangehou maar weer vrygelaat vir wat in die […]
# Die DA in die Vrystaat het die besluit van die adjunkminister van Water en Sanitasie, Isaac Seitlholo, verwelkom om die Vaalrivier-besoedelingskrisis te takel. Igor Scheurkogel van die DA sê die Metsimaholo-munisipaliteit het jare lank nagelaat om sy pompstasies en rioolinfrastruktuur in stand te hou, wat gelei het tot die vloei van rou riool in […]
# Nagenoeg eenduisend onwettige immigrante is gister by ‘n myn in Barberton, Mpumalanga, in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê ‘n aantal wetstoepassingsagentskappe het van Maandag af saamgewerk aan Operasie Vala Umgodi. Hy sê daar is toegeslaan op onwettige mynboubedrywighede en onwettige mynwerkers is na die oppervlak gedwing. Die verdagtes kan moontlik ingevolge die Immigrasiewet […]
# Saftu doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om ‘n nasionale noodvergadering te belê om die besluit van president Donald Trump te bespreek om ‘n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê Ramaphosa moet uiteenlopende handel bespoedig, die vryhandelsgebied van die Afrika-vasteland ten volle benut en […]
# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemsensasie Pieter Coetzé is deur na die halfeindronde van die 50-meter rugslag by die 2025 Wêreld-waterkampioenskap in Singapoer. Hy het eerste in sy uitdun geëindig in ‘n tyd van 24,36 sekondes en was die tweede vinnigste kwalifiseerder vir die halfeindronde. Coetzé het twee dae gelede die goue medalje in die 100-meter […]