# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die huidige waterprobleme by die metro word vinnig hanteer. Dit kom te midde van wisselvallige watervoorsiening in groot dele van die metro wat onlangs tot vier dae van betogings in die Westbury-area gelei het. Die burgemeester het gister die Alexandra-reservoir besoek wat een van dié is wat die […]
# Die FBI-direkteur, Kash Patel, sê DNS-bewyse wat ondersoekers gevind het, verbind die man wat beskuldig word van die moord op die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, met die voorval. Die 22-jarige Tyler Robinson is gearresteer nadat hy Kirk na bewering Woensdag by die Utah Valley University doodgeskiet het. Patel het aan Fox News gesê die geweer […]
# Atletiek: Tshepo Tshite is deur na die eindronde van die mans-duisend-500-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon regkry sedert Johan Cronjé brons gewen het in Moskou in 2013. Marioné Fourie is uitgeskakel in die vroue-100-meter-hekkies-halfeindronde. In die mans-110-meter hekkies kon die Suid-Afrikaners John Adesola, Mondray Barnard en Antonio Alkana […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het raadslede ferm opdragte gegee voor die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar. Ramaphosa het gister meer as vierduisend raadslede by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, toegespreek en leiers aangespoor om etiek, vaardighede en diens aan die mense bo faksiebelange te plaas. Hy het gewaarsku dat swak leierskap en interne verdeeldheid openbare […]
# Gholf: Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank-uitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buiteklub gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning in die Ryderbeker-kompetisie op Bethpage Black in Farmingdale, New York, […]
# Sokker: Manchester United staan by sy beleërde afrigter, Ruben Amorim, na die klub se swakste begin in ’n Premierliga-seisoen in 33 jaar. United het Sondag 3-0 teen Manchester City in die Manchester-derby verloor wat beteken hulle het nou twee keer in vier wedstryde verloor en het slegs vier ligapunte. Die klub sê hulle het […]
# Die Verenigde Nasies se Menseregteraad voer vandag ‘n dringende debat oor Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Katar. Die debat is byeengeroep nadat twee amptelike versoeke ontvang is, een van Pakistan namens lidlande van die Organisasie van Islamitiese Samewerking, en die ander van Koeweit namens die Samewerkingsraad vir die Arabiese Golfstate. Dit is die […]
# Die Gautrein-bestuursagentskap het sy 13de agtereenvolgende skoon oudit in die 2024/2025 finansiële jaar behaal, wat sy reputasie vir deursigtigheid, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur versterk. Albi Modise van die agentskap sê die prestasie weerspieël gedissiplineerde bestuur en doeltreffende werksaamhede. Dit sluit in treinbeskikbaarheid van 99.51-persent en stiptelikheid van 97.57-persent. Die agentskap het ook sertifiserings […]
# President Cyril Ramaphosa het raadslede aangespoor om beslissend op te tree en diensleweringsuitdagings aan te spreek, veral watertekorte wat gemeenskappe raak. Ramaphosa het by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, aan die party se raadslede gesê hul moet duidelike, praktiese planne ontwikkel om grootmaatwater- en voorsieningsprobleme op te los en nie wag vir die media […]