# Die metaalwerkersvakbond, Numsa, se lede by Lesedi Aluminium/Big Cookware in Thaba Nchu in die Vrystaat, het vir ʼn onbepaalde tyd begin staak. Dit volg na ʼn dooiepunt met die werkgewer oor organisatoriese regte in die werksplek. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die basiese eis is dat Lesedi Aluminium die vakbond erken en organisatoriese regte gee […]
# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle is uiters bekommerd oor gevaarlike werksomstandighede by die Gautengse Departement van Onderwys se Registrasiekantoor in Ekurhuleni. Tydens ‘n onlangse inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid en die Vereniging vir Staatsamptenare, is bevind dat die Registrasie-omgewing erg oorvol, vuil en onveilig was, met hope lêers wat rondlê. […]
# Die Vryheidsfront Plus het sy raadslid in Ekurhuleni, Denise Janse van Rensburg, gelukgewens nadat sy die gesogte Liefdadigheidstitel by die Mevrou Statebond Suid-Afrika gewen het. Die kompetisie is ʼn bemagtigingsplatform vir getroude of geskeide vroue of weduwees tussen 20- en 55-jaar oud. Dit fokus op gemeenskapsdiens, persoonlike groei en inspirasie deur maatskaplike en liefdadigheidsprojekte. […]
# ‘n Sewe-en-dertigjarige beweerde aanlyn afspraak-reeksverkragter en -moordenaar wat aan meer as tien sake in Eersterust, Pretoria, verbind word, is in Limpopo in hegtenis geneem. Die man het na bewering ‘n gewilde afspraak-webwerf gebruik om sy vroulike slagoffers na sy woning te lok. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê hy het na bewering sommige van sy […]
# Die kunsversameling van een van Europa se belangrikste versamelaars, Pauline Karpidas, word volgende maand opgeveil. Die versameling, Pauline Karpidas: The London Collection, word beskou as die waardevolste privaat versameling ooit in Europa en bevat kunswerke en meubels uit die 20ste eeu. ʼn Hoogtepunt uit die meer as 200 kunswerke en ontwerperstukke, is René Magritte […]
# Die DA het die Parlement se gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging beskuldig dat hulle die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, teen verantwoordbaarheid beskerm. Nicholas Gotsell van die party sê die minister was nog nie by die Parlement om rekenskap te gee van die ontplooiingsramp in die Demokratiese Republiek die Kongo nie, […]
# Die CEO Cycle Challenge het aangekondig dat twee gerekende Suid-Afrikaanse sportvroue, Vanes-Mari du Toit en Karla Pretorius, kapteins sal wees van die eerste spanne wat net uit vroue bestaan. Die Challenge is ‘n nasionale beweging om fondse in te samel vir beurse wat talentvolle jeug met beperkte hulpbronne ondersteun en bemagtig deur die Suid-Afrikaanse […]