# Die ANC sê hy sal voortgaan om Suid-Afrika se transformasie-agenda te verdedig ondanks toenemende wêreldwye druk, insluitend Amerikaanse tariewe van 30-persent. Die party hou vol sy transformasiebeleid, insluitend swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming, is noodsaaklik om vorige ongeregtighede reg te stel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op ‘n nuuskonferensie oor die besluite […]
# Twintig mense is dood en talle beseer toe vier vragmotors in Gaza omgeslaan het. Die BBC haal die Hamas-bestuurde Burgerlike Verdedigingsagentskap aan wat sê mense het op die voertuie geklouter, wat veroorsaak het dat die bestuurders beheer verloor en die voertuie op die vernielde, gevaarlike paaie omgeslaan het. Die agentskap sê die voertuie was […]
# Die medevoorsitter van die Parlement se Verdedigingskomitee, Malusi Gigaba, het bewerings deur sy mede-komiteelid Nicholas Gotsell verwerp dat minister van Verdediging, Angie Motshekga, beskerm word rakende ontplooiingsfondse van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Gigaba bestempel die bewerings as ongegrond en polities gemotiveerd. Hy sê die komitee bly verbind tot aanspreeklikheid en het reeds ingestem tot […]
# ‘n Verslag deur die Localisation Support Fund toon Chinese aanlyn kleinhandelaars het verlede jaar 7,3-miljard-rand in Suid-Afrikaanse verkope bereik. Uitvoerende hoof, Irshaad Kathrada, het aan SABC News gesê kitsmode-reuse soos Shein en Temu verplaas na raming agt-duisend plaaslike werksgeleenthede en waarsku dit kan tot 35-duisend styg. Hy bepleit dringende regulering om die uitwerking van […]
# Merlog Foods moedig die Grensbestuursowerheid aan om aanlyn bevestiging van veeartsenykundige gesondheidsertifikate te aanvaar om vertragings met die invoer van pluimvee te verlig. Bestuurder Georg Southey sê verouderde papier-bevestiging veroorsaak weeklange vertragings wat proteïnpryse opjaag en voedselsekerheid bedreig. Hy sê die owerheid en die Departement van Landbou het albei toegang tot Brasilië se veilige […]
# Samwu sê werkers worstel met slawerny-agtige toestande in die Waterberg Distriksmunisipaliteit in Limpopo. Die vakbond beskuldig die munisipaliteit van die verandering aan werskure sonder raadpleging, verlofvoordele word terugtrek en personeel word geïntimideer deur briewe en wangedragklagtes. Samwu se woordvoerder, Margaret Aphane, sê brandweer- en noodwerkers word gedwing om in ‘n skofstelsel te werk wat […]
# Olimpiese Spele: ‘n Australiese inheemse groep het met regstappe begin teen die oprigting van ‘n stadion met 63-duisend sitplekke vir 2032 se Spele in Brisbane. Die Yagara Magandjin Aboriginal Corporation het die federale minister van Omgewingsake versoek om die park tot kultureel-belangrike gebied te verklaar en teen ontwikkeling te beskerm. Die groep sê die […]
# Die minister van Handel van Lesotho, Mokhethi Shelile, waarsku dat die vermindering van Amerikaanse tariewe van 50-persent na 15-persent moontlik te laat is om die land se sukkelende tekstielbedryf te red. Maande van onsekerheid het fabrieksluitings en werksverliese tot gevolg gehad. Dié sektor, Lesotho se hoofuitvoerder en grootste privaatwerkgewer, het staatgemaak op die voordele […]