# Die Carbon Trust verwag dat die aanvanklike koolstofbegrotings realisties moet wees. Die regering het verlede week koolstofbegroting- en -bekampingsregulasies gepubliseer. Maatskappye en individue wat oortree kan tronkstraf en swaar boetes verwag. Volgens die voorgestelde wetgewing moet alle maatskappye wat meer as 30-duisend ton kweekhuisgasse vrystel, jaarlikse teikens indien, asook ʼn nakomingsverslag en planne om […]
# Die Stad Tshwane het die watertoevoer na inwoners van Soshanguve herstel. Die waterstelsel se vlak het die naweek aansienlik gedaal, wat gelei het tot wateronderbrekings in gebiede wat deur die Soshanguve L-reservoirs gevoed word. Die metro se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die span het die opgaardamme se uitvloei heropen nadat dit Sondag beperk is […]
# Die Stad Tshwane sê drie-duisend erwe sal toegewys en geregistreer word vir inwoners van die Marry Me-informele nedersetting in Soshanguve. Inwoners word ontmoedig om nuwe hutte buite die nedersetting se grense te bou omdat dit die formaliseringsproses sal vertraag. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, sê diegene wat kwalifiseer vir behuising sal in […]
# Die Stad Kaapstad sê verskeie paaie word plek-plek deur oorstromings geraak as gevolg van aanhoudende stortreën sedert gisteraand. Dit sluit in die regterbaan van die N1 wat voor die Koeberg-wisselaar, rigting Kaapstad, gesluit is. Die metro sê Baden Powell-rylaan by Monwabisi, die baan in die rigting van die N2, sowel as Govan Mbeki, is […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais, het die Drakenstein-munisipaliteit gelukgewens met die amptelike bekendstelling van sy Gemeenskapsveiligheidsforum. Die forum sal dien as ‘n struktuur waar regeringsdepartemente en ander belanghebbendes strategieë kan belyn, noodsaaklike inligting kan deel en op ‘n meer inklusiewe en gekoördineerde wyse kan beplan. Marais sê die forum is […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, sê daar moet groter klem gelê word op vrouebemagtiging in die energiesektor. Die jongste data van die Internasionale Energie-agentskap wys dat die energiesektor die minste diversiteit van alle sektore van die ekonomie toon, met vroue wat 20-persent van die sektor se werksmag uitmaak, ondanks die feit […]
# Die ikoniese Tafelberg-sweefspoormaatskappy het amptelik sy deure vir die publiek heropen na die jaarlikse instandhoudingswerk. Die uitvoerende direkteur, Selma Hercules, sê die jaarlikse sluiting stel hulle in staat om noodsaaklike opgraderingswerk te doen en seker te maak die sweefspoor word teen die hoogste moontlike standaarde bedryf. Sy sê die onderhoudswerk is daarop gemik om […]
# Godsdiensleiers en die Christelike politieke party, Hope4SA, het tydens openbare verhore in Kimberley in die Noord-Kaap sterk beswaar gemaak teen die voorgestelde Wetsontwerp op Huwelike. Die wetsontwerp se doel is om alle huwelike, insluitend selfdegeslag-huwelike, onder een wet te verenig. Zeilede Kgomongoe van die ACDP sê die wetsontwerp ondermyn tradisionele waardes en weerspieël nie […]