# Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, is gasheer vir ‘n gesprek met belanghebbendes in die diamantsektor in Kempton Park. Die vergadering het ten doel om samewerking in die diamantwaardeketting te versterk, wat mynwerkers insluit asook diamantslypers, uitvoerders, handelaars en reguleerders. Die agenda fokus op ontginning, beleidsbelyning en transformasie in die bedryf. Die […]
# Professor Richard Thompson van die Plymouth Universiteit sê ‘n ambisieuse verdrag om plastiek besoedeling te beveg kan ‘n reuse-verskil maak vir die planeet en toekomstige geslagte. Meer as 170 lande vergader hierdie week in Genève, Switzerland, om ‘n internasionale, regs-bindende verdrag oor plastiek besoedeling te ontwikkel, wat ook die mariene-omgewing insluit. Wêreldwyd word slegs […]
# Die ANC-jeugliga verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging oor ondersteuningsmeganismes vir uitvoerders en pogings om Suid-Afrika se handelsmarkte uit te brei, in reaksie op Amerika se tariewe van 30-persent. Ramaphosa het tydens die afsluiting van die ANC se nasionale uitvoerende komitee-vergadering in Ekurhuleni gepraat. Die Liga se woordvoerder, Zama Khanyase, sê hulle waardeer ook […]
# Die DA in Gauteng eis dat die sinkgat-taakspan, wat veronderstel was om einde Junie van stapel gestuur te word, onmiddellik saamgestel word. Die provinsie is kwesbaar vir sinkgate omdat dit uit 35-persent dolomiet bestaan, wat die grond ‘n ramp maak wat wag om te gebeur. Daar is 35 sinkgate net in die Stad Tshwane. […]
# Die drukgroep Soil of Africa het die Stad Tshwane se voortslepende versuim veroordeel om basiese waterdienste aan plakkerskampe te lewer en plaaslike diensverskaffers te betaal. Die groep het dit aan die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, genoem. Voorsitter Bongani Ramontja sê hulle bevraagteken die metro se planne om meer as vyf-duisend-200 inwoners van […]
# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, sê ‘n vlaag beserings bied geleenthede vir spelers wat ‘n kans verdien om vir die nasionale span te speel. Hy het een nuweling, die flank Simon Parker, aangewys in sy groep van 36 vir die Rugbykampioenskap wat dié maand begin wanneer die All Blacks agtereenvolgende toetse in Argentinië […]
# Die Carbon Trust verwag dat die aanvanklike koolstofbegrotings realisties moet wees. Die regering het verlede week koolstofbegroting- en -bekampingsregulasies gepubliseer. Maatskappye en individue wat oortree kan tronkstraf en swaar boetes verwag. Volgens die voorgestelde wetgewing moet alle maatskappye wat meer as 30-duisend ton kweekhuisgasse vrystel, jaarlikse teikens indien, asook ʼn nakomingsverslag en planne om […]