# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die Wêreldbank se onlangse goedkeuring van ʼn lening van 27-miljard-rand, maar waarsku teen die moontlikheid van plundery. Die lening is bedoel vir langverwagte strukturele hervormings aan die land se infrastruktuur. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê Nasionale Tesourie moet ʼn multidissiplinêre span aanstel om seker te maak geen plundery van […]
# Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het volgens berigte ‘n ondersoek gelas na die beleggings van 170-miljard-rand in die ongenoteerde portefeulje van die Openbare Beleggingskorporasie. Die batebestuurder se ongenoteerde beleggings is veronderstel om klein ondernemings ‘n hupstoot te gee en werk te skep terwyl dit transformasie ondersteun. Die ondersoek sal ook Daybreak Foods insluit, […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die indruk wat die Tshwane-metro se koalisieregering se propaganda skep oor hulle harde werk om diensleweringskwessies op te los, staan in sterk kontras met die werklikheid op voetsoolvlak. Mark Surgeon van die party sê groot dele van die metro het stukkende straatligte, paaie is onrybaar en besoekers word begroet met […]
# Die DA sê hy verwelkom die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se hervorming van die departement se identiteit-verifiëringstelsel tot wêreldgehalte. Hierdie hoogs verbeterde diens sal staatsdepartemente se dienslewering verbeter en finansiële insluiting in die privaat sektor bevorder. Adrian Roos van die DA sê die departement het jare lank toegang tot sy nasionale identiteitsdatabasis […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 26 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ‘n ondersoek gelas na omstrede beleggings in die ongenoteerde portefeulje van die Openbare Beleggingskorporasie, wat volgens hom ongeveer 170-miljard-rand beloop. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens president Cyril Ramaphopsa het in die […]
# Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê die Departement van Indiensneming en Arbeid moet deeglik besin oor wat hy wil bereik met die hersiening van die land se arbeidswette. Die departement wil sowat ses stukke wetgewing hersien en wysig, en die proses het reeds op kabinetsvlak begin. Die komitee sê die […]
# Die DA in die Tshwane-metro het Wyk 56 behou na gister se tussenverkiesing. Die wyk wat Hatfield, Brooklyn, Hillcrest en New Muckleneuk insluit, het vakant geraak nadat die DA-raadslid, Jarad Frimmel, in April bedank het. Die party se stem-aandeel in die wyk het van 50,05-persent in die 2024-verkiesing toegeneem tot 80-persent in hierdie tussenverkiesing. […]