# Die Stad Kaapstad sê daar was in die boekjaar ‘n toename in die aantal gesteelde voertuie wat deur die Metro-polisie teruggevind is. Drie verdagtes is Maandag in die Philippi omgewing gearresteer na hulle in besit van ‘n gesteelde voertuig gevind is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê terwyl die polisie op […]
# Die GOOD-party vra groter deursigtigheid in munisipale oorsig en waarsku teen die wanvertolking van oudit-uitkomste. Die party het deelgeneem aan ʼn hoëvlak-dialoog met ander politieke partye as deel van die voortgaande hersiening van 1998 se Witskrif oor Plaaslike Regering. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê wanfunksionering kom selfs voor in munisipaliteite met skoon oudits. […]
# Die Arbeidersparty van Suid-Afrika het ‘n dringende aansoek by die Noord Gautengse Hooggeregshof ingedien teen president Cyril Ramaphosa se Nasionale Dialoog. Hy voer aan die proses is ongrondwetlik, irrasioneel, finansieel onverantwoordelik en dit sluit die werkersklas uit. Joseph Mathunjwa het aan Newzroom Afrika gesê die dialoog ontbreek die uitvoerende magte van die bestaande instellings […]
# Rugby: Die Engelse afrigter, Steve Borthwick, het tien nuwelinge by sy groep van 36 spelers ingesluit vir hulle toer volgende maand na Argentinië en Amerika. Die span, wat deur die haker Jamie George en die losskakel George Ford aangevoer word, bestaan uit 20 voorspelers en 16 agterspelers. Die nuwelinge sluit in die trio van […]
# Die Europese Unie waarsku hy kan moontlik druk op Israel plaas indien die situasie vir Palestyne in Gaza nie verbeter nie. ʼn Hersiening van ʼn handels- en samewerkingsooreenkoms tussen Israel en die Europese Unie is verlede maand deur 17 EU-lidlande aangevra uit protes teen Israel se verbod op humanitêre hulp aan Gaza. Die EU […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê ʼn opgegradeerde verifiëringsdiens van die Nasionale Bevolkingsregister aan alle maatskappye en staatsgebruikers begin op 1 Julie. Binnelandse Sake het die fooi om ʼn enkele intydse verifikasie na te gaan tot tien-rand per transaksie verhoog. Verifikasies wat nie intyds is nie, waar ʼn gebruiker verskeie rekords gelyktydig […]
# Ses gewapende verdagtes is gisteraand in ʼn skietery met die polisie op die R-61 tussen Mthatha en Ngcobo in die Oos-Kaap dood. ʼn Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die intelligensie-gedrewe operasie was op individue se spoor wat vermoedelik betrokke was by afpersingsaktiwiteite in die gebied. Sy sê hulle het ʼn voertuig met die verdagtes in […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, doen ʼn beroep op politieke partye om betrokke te raak om die toekoms van munisipaliteite te vorm. Hy het gister ʼn hoëvlak-dialoog met politieke leiers gevoer as deel van die voortgesette hersiening van die 1998 Witskrif oor Plaaslike Regering. Die hersieningsproses wil eerlike nadenke en […]