# Die regering en die Wêreldbank het op ‘n lening van 27-miljard-rand ooreengekom wat sal help om infrastruktuurvertragings uit die weg te ruim, veral in die energie- en vragvervoersektore. Die Nasionale Tesourie sê die lening is bedoel om kritieke strukturele hervormings te ondersteun wat daarop gemik is om die doeltreffendheid, veerkragtigheid en volhoubaarheid van die […]
# Die Withuis sê president Donald Trump het bloot ‘n vraag gevra toe hy voorgestel het dat daar ‘n regeringsverandering in Iran moet wees. In ‘n sosialemedia-plasing Sondag, het Trump geskryf as die huidige Iranse regime nie in staat is om Iran weer groot te maak nie, waarom sou daar nie ‘n verandering wees nie. […]
# Cosatu ondersteun die polisievakbond Popcru se Restore Dignity-optog, wat vandag in Pretoria plaasvind. Die vakbond dring aan op optrede teen ongeregtigheid in die strafregstelsel. Die optog beklemtoon die regte van werkers, waardigheid, en aantygings van seksuele uitbuiting by SAPD-opleidingsfasiliteite. Die vakbond veroordeel alle seksuele teistering in die werkplek en vra vir streng strawwe vir […]
# Die Junior Springbokke is op pad na Verona in Italië vir finale voorbereidings vir die 2025 Wêreld Rugby Onder-20 kampioenskap wat Sondag begin. Hulle eerste wedstryd is teen Australië, gevolg deur harde en opwindende wedstryde teen Engeland en Skotland. Slot JJ Theron het die groep se trots om Suid-Afrika te verteenwoordig beklemtoon en gesê […]
# Die DA eis die dringende bekendmaking van die Moorhouse-verslag nadat 12 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gearresteer is in verband met die sluipmoord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa, in 2023. Chris Hattingh van die DA sê die verslag ontbloot na bewering geheime militêre netwerke wat betrokke is by marteling, smokkelary […]
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê voortdurende water- en elektrisiteitsprobleme in Alexandra beklemtoon regeringsmislukkings. Mashaba het by die bekendstelling van ‘n nasionale Herstel Plaaslike Regering-veldtog in Alexandra, Gauteng swak dienslewering en korrupsie veroordeel en sê dit skend basiese menseregte. Hy doen ‘n beroep op kiesers om etiese, mense-gerigte leierskap te ondersteun, en voeg […]
# Rugby: Die Springbok-losskakel Manie Libbok is aan die voorpunt van die uittog van nege Stormers-spelers na afloop van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 27-jarige wedstrydwenner word gekoppel aan ‘n skuif na Hanazono Liners in Osaka, Japan, na die vertrek van die Wallabie-losskakel Quade Cooper. Die ander spelers wat die Kaapstadse span verlaat, is Brok Harris […]
# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die Kerngeneeskunde Navorsingsfasiliteit by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria besoek. Die sentrum is ‘n baanbreker met die ontwikkeling van kanker- en tuberkulose-medikasie. Ramaphosa sal ook die hartkateterisasie-laboratorium besoek waar gespesialiseerde diagnostiese en intervensie-prosedures op die hart en bloedvate uitgevoer word. Die presidensie sê dit beklemtoon […]
# Die DA sal vandag in die Parlement die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die Nasionale Loterykommissie ondervrae, oor die omstrede toekenning van ‘n loterylisensie ter waarde van 60-miljard-rand aan Sizekhaya Holdings. Die lotery se wen-tenderaar is na bewering verbind met adjunkpresident Paul Mashatile se vertrouelinge en familielede. Die DA-lid, Toby […]