# Die ANC sê hy het ‘n konstruktiewe vergadering met die leierskap van die DA gehou as deel van voortgesette pogings om die huidige dooiepunt in die begroting te verbreek en die regering van nasionale eenheid te wysig. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die party het die proses rakende die regering van nasionale eenheid met […]
# Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika sê die tekort aan verpleegkundiges in die land is niks minder as ‘n rampspoedige krisis nie. Die organisasie se kommentaar volg nadat die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, die werwing van slegs 200 verpleegkundiges in die openbare gesondheidsorgstelsel aangekondig het. DENOSA se woordvoerder, Sonia Mabunda-Kaziboni, sê in die lig […]
# Rugby: Die Bulle het gistermiddag sy kans verspeel om deel te wees van die res van die Uitdaagbeker toe hulle hul kwarteindstryd teen Edinburgh met ‘n telling van 34-28 in die Skotse hoofstad verloor het. Die Bulle se terugkeer in die tweede helfte was net nie genoeg ná ‘n droewige eerste helfte nie. Die […]
# Die Stad Kaapstad se Departement van Gemeenskaps-, Kuns- en Kulturele Ontwikkeling ondersteun organisasies sonder winsbejag om hawelose mense te help. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê as deel van sy jaarlikse Winter-gereedheidsprogram sal die stad hulpbronne verskaf sodat die organisasies hul skuilings se kapasiteit kan verbeter, en verskaf ook ondersteuningsdienste om […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het op sy sosiale media platform, Truth, gesê hy sal dalk nie in November die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hy bevraagteken hoe daar van wêreldleiers verwag kan word om die geleentheid by te woon en beweer grondonteiening en volksmoord sal die onderwerp van bespreking wees. Die Departement van […]
# Die DA sê sy onderhandelingspan het met ‘n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die Nasionale Begroting se Fiskale Raamwerk, wat ‘n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal sy standpunt dat ‘n […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys waarsku 25-duisend ouers van huidige Graad 7-leerders het nog nie aansoek gedoen vir Graad 8-plasings in 2026 nie. Die LUR, David Maynier, versoek ouers om hul aansoeke in te dien voor die toelatingsvenster op 15 April sluit. Hy herhaal tydige aansoeke sal die regering help om te beplan vir […]
# PRASA sal vandag spesiale Metrorail-treindienste aanbied vir ondersteuners wat op pad is na die Nedbankbeker-halfeindstryde. Treine sal beskikbaar wees na Loftus Versfeld vir die wedstryd tussen die Sundowns en die Kaizer Chiefs om sesuur en ook na die Orlando-stadion vir die wedstryd tussen die Orlando Pirates en die Marumo Gallants om drie-uur. Pendeltreine sal […]