# Die DA sê 29 skole in Gauteng is sedert 2019 in brande beskadig, wat ernstige swakhede in brandbestrydingmaatreëls ontbloot. Slegs ses van die skole is deur die provinsiale Departement van Infrastruktuurontwikkeling reggemaak met 13 wat glad nie herstel is nie. Die koste van herstelwerk by tien skole is deur versekering, skenkings of skoolbeheerliggame gedra. […]
# Die DA sê hy verwerp ten sterkste die Suid-Afrikaanse Poskantoor se versoek om sy sakereddingsplan ter waarde van 3,8-miljard-rand agter geslote deure te mag voorlê. Die party sê dis ‘n skande dat die Poskantoor, wat reeds deur belastingbetalers ondersteun word, geheimhouding vra terwyl sakereddingspraktisyns reeds ses-miljoen-rand per maand verdien. Die DA-lid, Nico Pienaar, sê […]
# Die adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Namane Masemola, sê dis noodsaaklik om die Witskrif oor Plaaslike Regering van 1998 te hersien, aangesien munisipaliteite worstel met vervalle infrastruktuur en dalende inkomste. Hy het in Midrand, Gauteng, uitgelig dat verouderde befondsingsmodelle nie meer voldoen aan gemeenskappe se behoeftes nie, veral in digbevolkte gebiede met […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, is bekommerd oor die toenemende aantal moorde op raadslede in die Stad. Dit volg nadat ses wyksraadslede na berig word doodsdreigemente gekry het. Die Soweto-raadslid Thulani Buthelezi is oor die naweek ter ruste gelê. Hy is die tweede wyksraadslid wat in minder as twee maande doodgeskiet is. Morero […]
# Rusland sê hy veroordeel en betreur die naweek se Amerikaanse aanvalle op Iranse kern-aanlegte. Die Russiese president, Vladimir Putin, is van plan om Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Moskou te ontmoet. Israel voer intussen ongehoorde aanvalle uit op wat beskryf word as agentskappe van regeringsonderdrukking in die Iranse hoofstad, Teheran. […]
# Die president van die Lungelo Lethu-menseregtestigting, Nkululeko Xhelithole, sê Suid-Afrikaanse banke funksioneer steeds volgens apartheidstelsels te midde van ‘n krisis met die terugneem van huise. Hy vergelyk dit met gedwonge uitsettings en kritiseer banke dat hulle grondwetlike behuisingsregte ignoreer. Dit volg nadat die Hooggeregshof Standard Bank berispe het omdat hy die huis van Zwelinzima […]
# Basketbal: Die Oklahoma City Thunder is die 2024-2025 NBA-kampioene nadat hulle die Indiana Pacers 103-91 in wedstryd 7 van die NBA-eindstryd in Oklahoma verslaan het. Dit is die franchise se eerste titeloorwinning sedert hulle in 2008 van Seattle na Oklahoma City verhuis het. Die NBA se mees waardevolle speler van die eindstryd, die 26-jarige […]