# Klimaatverandering is tans, naas ooruitbuiting en habitat verswakking, die derde-grootste bedreiging vir die aarde se natuurlewe. Dis volgens ‘n nuwe studie wat in die joernaal BioScience, gepubliseer is nadat meer as 70-duisend spesies wilde diere ontleed is. Klimaatverandering bedreig sowat vyf-persent van die spesies wat ontleed is. Daar is gevind dat klimaatverandering toenemend ongewerwelde […]
# Die Stad Kaapstad se Gemeenskaps-, Kuns- en Kultuurontwikkelingsdepartement sê hulle het 170 vroeë kinderontwikkelingsentrums bygestaan om veiligheid en nakoming te verbeter. Die departement het ook vanjaar meer as 800 VKO-personeellede in ramprisiko- en geestesgesondheidsake opgelei. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê daar is regulasies vir die VKO-sektor, maar nakoming is dikwels […]
# Die GOOD-party sê hy het aan Stellenbosch se munisipale bestuurder geskryf oor dringende opgradering aan infrastruktuur by die Jamestown-begraafplaas. Die party het onlangs tydens ʼn oorsigbesoek probleme met stormwaterdreinering ontdek. Marius van Stade van GOOD sê oorstromings weens onvoldoende infrastruktuur veroorsaak dat water by die begraafplaas inloop wat die perseel en grafte negatief raak […]
# ‘n Koalisie van 13 internasionale voorstanders van natuurlewebewaring bly verbind tot die bewaring van biodiversiteit en die bevordering van volhoubare ontwikkeling. Die Samewerkende Vennootskap oor Volhoubare Natuurlewebestuur steun lande en ander deelnemers om die Kunming-Montreal Wêreld-diversiteitsraamwerk in werking te stel. Die raamwerk bied ‘n wêreldstrategie om verlies aan biodiversiteit te stop en om te […]
# Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36-duisend burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122-miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die maatreëls wat burgerlikes moet beskerm, bestaan […]
# Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê dringende optrede is nodig om grond-vernietiging in Suid-Afrika te vermy, te verminder en om te keer. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut se nasionale biodiversiteit-assessering word ongeveer 50-persent van die land se ekostelsels as bedreig geklassifiseer. Die bedreigde ekostelsels sluit in die fynbos-bioom in die Wes- en Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal […]
# Die DA in die Wes-Kaap verwerp die ANC se jongste poging om bejaardesorg te verpolitiseer. Wendy Kaizer-Philander van die party sê dit is verstommend dat die ANC oor bejaardesorg wil preek, gegewe dat tydens hulle bewind in die provinsie, maatskaplike ontwikkelingsdienste in duie gestort het. Sy sê die ANC laat steeds bejaardes in die […]