# COPE het Teboho Loate as tussentydse leier aangestel tot die Verkiesingskongres in Desember. Die party se president, Mosiuoa Lekota, het uit politiek getree om op sy gesondheid te fokus. COPE het sy nasionale komiteevergadering die naweek in Gauteng gehou. Loate sê onder die huidige regering van nasionale eenheid het die ANC die staat verswak […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika is nog nie geraak deur die Amerikaanse president Donald Trump se verreikende visumbeperkings op lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap nie. Trump sê die maatreëls is ingestel om seker te maak mense bly nie langer in Amerika as wat […]
# Die mees ervare Springbok-vrouespeler, Nolusindiso Booi, sal intussen ʼn sterk groep van 32 lei op die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Engeland. Die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Negentien het Wêreldbeker-ervaring, onder andere onderkaptein Babalwa Latsha, wat die span in 14 toetse aangevoer het. Suid-Afrika skop hul veldtog die […]
# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, het bevestig die Afrika Mayibuye Movement gaan in 2026 aan die munisipale verkiesing deelneem. Shivambu het met Suid-Afrikaners landwyd beraadslaag om hul mening oor ʼn nuwe politieke party te toets. Hy het Sondag by die Johannesburgse stadsaal in Gauteng gesê die beraadslagingsproses is steeds aan die […]
# Die Palestynse gesant by die Verenigde Nasies, Riyad Mansour, sê Israel moet heeltemal onttrek uit Gaza. Die VN-veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou oor Israel se plan om beheer te neem oor Gazastad. Mansour beskuldig Israel dat hy die oorlog uitrek om ʼn onafhanklike Palestynse staat te keer en nie om Hamas se beheer […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die sinnelose geweld teen manne en vroue in blou is ʼn aanval op die oppergesag van die reg. Adjudantoffisier Vuyisile Sintwa en sersant Simon Masenye is Vrydag in Roodepoort, Gauteng, vermoor terwyl hulle ʼn verhoorafwagtende gevangene, Jabulani Moyo, vervoer het. In Mpumalanga is sersant Lawrence Mtshweni Saterdag […]
# Krieket: Australië het Suid-Afrika met 17 lopies geklop in die eerste van drie T20s in Darwin vir hulle negende agtereenvolgende oorwinning. Tim David het 83 aangeteken en ‘n sewende paaltjie-vennootskap van 59 met Ben Dwarshuis gedeel. Die gashere is vir 178 uitgeboul. Die 19-jarige Kwena Maphaka het beïndruk vir die Proteas en vier paaltjies […]