# President Donald Trump weier om te sê of die VSA beplan om Iran of sy kernfasiliteite aan te val. Dit volg terwyl die dodelike konflik tussen Israel en Iran steeds toeneem. Amerika het gevegsteun aan Israel verskaf sedert die missielaanvalle tussen Israel en Iran verlede week begin het. Trump het gister aan verslaggewers by […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Afrika kan en moet ontkoling en nywerheidsontwikkeling nastreef. Hy het op die Afrika-energieforum 2025 in Kaapstad die vals keuse tussen klimaatsoptrede en ontwikkeling verwerp. Ramokgopa beklemtoon 600-miljoen Afrikane is steeds sonder elektrisiteit en sê energie is ‘n basiese mensereg. Hy vra die integrasie van streeksenergie, […]
# Rugby: Die organiseerders van volgende naweek se wedstryd tussen die Springbokke en die Barbarians in Kaapstad het twee nuwe blokke kaartjies vrygestel om Suid-Afrika se Wêreldbekeroorwinning van 1995 te vier. Die oorwinning van 30 jaar gelede sal herdenk word met die verbyvlug van ‘n jumbo-straler wanneer die Bokke hulle seisoen afskop. Die kategorie-kaartjies teen […]
# Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer sê sy PotholeFixGP-toepassing help hom sedert 2022 met byna 39-duisend slaggate wat reggemaak is. Die toepassing, waar motoriste slaggate en stukkende verkeersligte kan aanmeld, is meer as 19-duisend keer afgelaai. Meer as twee-duisend-100 slaggate is in Krugersdorp aangemeld, en meer as een-duisend-700 is reggemaak. Die Derdepoort-gebied in […]
# Die Vereniging van Vleisin – en -uitvoerders en die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkingsvereniging het die regering se gedeeltelike opheffing van die pluimveeverbod vanuit Brasilië verwelkom. Die opheffing tree vandag in werking. Invoere hervat uit alle state behalwe Rio Grande do Sul, wat deur voëlgriep geraak word. Hierdie verandering verhoed moontlik proteïentekorte. Die vereniging vra vinniger finalisering […]
# ActionSA ruk vandag op na die minister van Justisie se kantoor in Pretoria en eis dat die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, verwyder word. Hulle doen ‘n beroep vir dringende regeringsingryping om met die proses te begin en Batohi kragtens die NVG-wet te verwyder. Die ActionSA-lid, Athol Trollip, het aan die Parlement […]
# Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met vyf-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met ‘n styging van 5,3-persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5-persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope het met 0,5-persent gedaal teenoor die vorige […]
# Rise Mzansi dring aan op die dringende ontplooiing van misdaad-intelligensiedienste en sigbare wetstoepassing in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal wat deur die onlangse vloede getref is. Dit volg na dreigemente teen noodwerkers, insluitend verslae van afpersing deur die sogenaamde ‘watertenk-mafia’ in Mthatha. Makashule Gana van Rise Mzansi sê die party is bedroef oor […]
# Netbal: Die wêreldbeheerliggaam het planne aangekondig vir ‘n Wêreldbekertoernooi elke twee jaar in plaas van die huidige vier jaar weens onsekerheid oor die toekoms van die Statebondspele. Die Spele se organiseerders sukkel om gasheerstede te kry weens die toenemende koste. Die volgende Wêreldbekertoernooi word beplan vir oor twee jaar in Australië. Wêreldnetbal sê hulle […]