# Die blomseisoen in die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap is in volle swang, met helder tapisserieë veldblomme ná ‘n uitstekende reënseisoen. SANParke sê mense moet die die Skilpad-kronkelroete van vyf-kilometer ervaar, met seldsame blomme soos die bittergousblom, Kaapse gousblom, madeliefies, vygies en moringablomme. Natuurliefhebbers kan ‘n asemrowende, kleurvolle ervaring in die hartjie van […]
# Atletiek: Die paalspring-wêreldrekordhouer, Armand Duplantis, is opgewonde oor die ambassadeursrol wat hy volgende jaar gaan speel tydens Wêreldatletiek se nuwe kampioenskap. Die Sweeds-Amerikaanse atleet het onlangs sy 13de rekord in die item opgestel en het ook twee Olimpiese gouemedaljes verower. Hy is as die Ster-atleet van die nuwe kampioenskap aangewys. Die byeenkoms sal teen […]
# AgriSA het die regering versoek om die Konsep-wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne terug te trek, en gewaarsku dat dit gevare vir landbou, voedselsekerheid en landelike lewensbestaan inhou. Die organisasie sê die wetsontwerp laat mynbou toe op gehalte landbougrond sonder behoorlike raadpleging, vergoeding of omgewingsbeskermingsmaatreëls. AgriSA doen ‘n beroep op ‘n volledige sosio-ekonomiese […]
# Die DA sê buitelandse beleid is die regering se verantwoordelikheid en nie die weermag s’n nie. Die party waarsku die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaghoof Rudzani Maphwanya se politieke verklarings hierdie week tydens ‘n besoek aan Iran, kan Suid-Afrika se betrekkinge met belangrike bondgenote, insluitend die VSA, benadeel. Chris Hattingh van die DA sê Maphwanya se […]
# Brandbestryders veg teen verskeie veldbrande in Griekeland terwyl ‘n verswelgende hittegolf verwoesting saai in die suide van Europa. Die afgelope 36-uur het meer as 152 nuwe brande in Griekeland uitgebreek en duisende mense is ontruim. Ongeveer vier-duisend-850 brandbestryders is betrokke by wydverspreide pogings om die vlamme onder beheer te bring. Temperature het vroeër die […]
# Môre se spitsberaad tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, sal op die Gesamentlike militêre basis Elmendorf-Richardson in Alaska plaasvind. Die leiers sal ontmoet om die beëindiging van die driejaar-lange oorlog in Oekraïne te bespreek. Dit sal die eerste keer wees dat die twee alleen vergader sedert 2018 se […]
# Rugby: Die Argentynse losvoorspeler Marcos Kremer dink die All Blacks is die sport se weergawe van sy land se Wêreldbekerkampioen-sokkerspan. Die twee lande speel die naweek in Cordoba in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap, en ‘n week later in Buenos Aires. Kremer verwag ‘n skitterwedstryd voor hulle tuisskare en glo dit sal in […]
# Sommige inwoners van Alaska ontruim hulle huise terwyl water uit ‘n kom onstsnap wat deur die Mendenhall-gletser opgevang is. Daar word gevrees vir ’n gletser-uitbarstingsvloei wat huise in gevaar kan stel. Plaaslike amptenare het Dinsdag bevestig dat water uit die ysdam begin vloei en oorstromings word binne die volgende dae verwag. Gletser-uitbarstingsvloei gebeur wanneer […]
# Die Stad Kaapstad het ‘n openbare versoek aan die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, gerig om befondsing en ondersteuning te verskaf aan sy Dial-a-Ride-diens vir mense met gestremdhede. Die diens vervoer ongeveer twee-duisend-200 gebruikers per maand maar worstel met ‘n begrotingstekort van byna een-miljoen-rand per maand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, […]