# Rusland het beperkings aangekondig op oproepe op die WhatsApp- en Telegram-toepassings. ‘n Regeringswaghond sê die toepassings het die belangrikste stemdienste vir bedrog en afpersing geword, en ook om Russiese burgers by verdelende en terrorisme te betrek. Russiese sekerheidsdienste het al meermale beweer dat Oekraïne Telegram gebruik om mense te werf of om sabotasie teen […]
# Krieket: Die Australiese snelbouler Scott Boland sê hulle sal hulle nie laat afsit indien Engeland beledigend raak in die komende reeks om die As nie. Hy het reageer op die onlangse vurige toetsreeks tussen Engeland en Indië wat twee-elk gelykop geëindig het. Australië was in die verlede bekend as die konings van slegsêery, maar […]
# Die Landdroshof in die Paarl, Wes-Kaap, het die voormalige Springbok, Schalk Burger en sy seun, Christiaan, skuldig bevind en beboet omdat hulle nie belastingopgawes ingedien het nie. Dit sluit Burger se maatskappy, Welbedacht Wyne in. Burger is beboet met 56-duisend-rand of 112 maande tronkstraf wat vir 56 maande opgeskort is. Sy seun is beboet […]
# Die vakbond Solidariteit verwag om in die volgende maand na Washington DC, Amerika, te reis om met regeringsamptenare te vergader na kommernisse oor menseregte in Suid-Afrika wat verswak. Die besoek volg nadat ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake bedreigings uitgewys het oor minderheidsgroepe, rasgebasseerde wette, insluitende aanhitsing deur die ‘Kill the […]
# Die Israelse Eerste Minister Benjamin Netanyahu het aangedui pogings vir ‘n wapenstilstand in Gaza is nou gefokus op ‘n omvattende ooreenkoms om al die oorblywende gyselaars gelyktydig vry te laat. Die plan het voorheen ‘n wapenstilstand van 60-dae en gedeeltelike vrylating van gyselaars toegelaat. Hamas sê ‘n afvaardiging van sy leiers is in Kaïro […]
# Die Landdroshof in Booysens in Gauteng het Mxolisi Ntshulayilo tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal en die beskadiging van Telkom-koperkabels in Aeroton in 2024. Hy het ‘n vonnis van 15 jaar vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en tien jaar vir diefstal gekry. Die voorval het kommunikasiedienste ontwrig en sakeverliese van ongeveer 100-duisend-rand […]
# Die blomseisoen in die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap is in volle swang, met helder tapisserieë veldblomme ná ‘n uitstekende reënseisoen. SANParke sê mense moet die die Skilpad-kronkelroete van vyf-kilometer ervaar, met seldsame blomme soos die bittergousblom, Kaapse gousblom, madeliefies, vygies en moringablomme. Natuurliefhebbers kan ‘n asemrowende, kleurvolle ervaring in die hartjie van […]
# Atletiek: Die paalspring-wêreldrekordhouer, Armand Duplantis, is opgewonde oor die ambassadeursrol wat hy volgende jaar gaan speel tydens Wêreldatletiek se nuwe kampioenskap. Die Sweeds-Amerikaanse atleet het onlangs sy 13de rekord in die item opgestel en het ook twee Olimpiese gouemedaljes verower. Hy is as die Ster-atleet van die nuwe kampioenskap aangewys. Die byeenkoms sal teen […]
# AgriSA het die regering versoek om die Konsep-wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne terug te trek, en gewaarsku dat dit gevare vir landbou, voedselsekerheid en landelike lewensbestaan inhou. Die organisasie sê die wetsontwerp laat mynbou toe op gehalte landbougrond sonder behoorlike raadpleging, vergoeding of omgewingsbeskermingsmaatreëls. AgriSA doen ‘n beroep op ‘n volledige sosio-ekonomiese […]