# Die Vryheidsfront Plus sê hy is nie gebonde aan enige ander politieke party se besluite of optrede oor sy voortgesette deelname of onttrekking aan die regering van nasionale eenheid nie. Die koalisieregering se voortbestaan hang aan ‘n draadjie na die DA teen die ANC-geleide nasionale begroting gestem het. Die VF Plus se leier, Corné […]
# Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê die tydsberekening en manier van optrede van die Regspraktykraad lyk na ‘n polities-gemotiveerde poging om haar geloofwaardigheid te ondermyn. Die raad beplan om ‘n hofaansoek in te dien om Mkhwebane te skors en sê dit is gebaseer op hulle bevindings van die Artikel 194-parlementêre ondersoek. Sy het […]
# President Donald Trump van Amerika se omvattende tariewe stuur steeds skokgolwe deur die wêreld se finansiële markte. Markte in Asië het vanoggend getuimel met Japan se Nikkei wat kort na opening met meer as agt-persent gedaal het, en Suid-Korea se Kospi met meer as 4,8-persent. Australië se ASX 200-indeks het vanoggend met sowat 6,3-persent […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 April 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die reeks regulasies oor vuurwapengebruik in die privaat sekerheidsbedryf wat deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu voorgestel is, kom daarop neer dat die bedryf wat help om misdaad te bekamp ontwapen word. # En die Netwerk24-webblad: Berig die […]
# Rugby: Die Haaie is uit die Uitdaagbeker-reeks ná hul nederlaag van 34-21 teen Lyon in die ronde van 16 op die Matmut-stadion in Frankryk. Die tuisspan het vyf drieë gedruk teenoor die besoekers en heersende kampioen se drie. Die Bulle is die enigste Suid-Afrikaners wat in die kompetisie oorbly. Lyon en die Ospreys meet […]
# Inwoners in laagliggende gebiede naby die Vaaldam is gewaarsku om te ontruim weens die gevaar van oorstromings. Sondag is ʼn vyfde sluis oopgemaak om toenemende watervlakke te bestuur weens voortdurende reënval in die Vaalrivier se opvangsgebied. ʼn Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die dam is meer as 100-persent […]