# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat die Tshwane-burgemeester, Nasiphi Moya, en stadsbestuurder Johann Mettler skuldig is aan minagting van die hof. Hulle het versuim om ʼn vorige hofbevel uit te voer en die varsproduktemark in Pretoria op te gradeer. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Markagente het die saak aanhangig gemaak. Grandi […]
# Die GOOD-party sê hy het ingestem om aan die Nasionale Dialoog-konvensie deel te neem omdat hy dit as noodsaaklik vir die volhoubaarheid van die nie-rassige Konstitusionele demokrasie beskou. Die naweek se konvensie gaan die grondslag lê vir besprekings van Suid-Afrika se ekonomiese-, maatskaplike- en regeringsprobleme. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê wat nodig […]
# Die Stad Johannesburg se raadspeaker, Margaret Arnolds, het die ontbinding van die Spesiale Onafhanklike Ondersoekkomitee teruggetrek. Die komitee het in Junie 2023 toestemming gekry om korrupsiebewerings by amptenare van die Groep Forensiese en Ondersoekdienste te ondersoek. Die voormalige speaker, Nobuhle Mthembu, het die ondersoek in April vanjaar afgelas weens begrotingsprobleme. Arnolds sê regeringsprosesse se […]
# ActionSA sê in die lig van toenemende kommer oor die Nasionale Dialoog, sal hy nie die naweek ʼn amptelike afvaardiging van sy nasionale leierskap na die nasionale konvensie stuur nie. Die party sal egter twee senior parlementslede as waarnemers stuur om die konvensie te monitor en toesig te hou. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het homself gedistansieer van die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, se kommentaar rakende die land se bande met Iran en sy beleid oor die VSA. Maphwanya het volgens die […]
# Sokker: Die Europese kampioene, Paris St-Germain, was twee doele agter, maar het Tottenham Hotspur in ʼn uitspeelstryd geklop om die UEFA Super-beker te wen. Spurs was 2-0 voor ná doele deur Micky van de Ven en Cristian Romero. PSG se plaasvervanger, Lee Kang-in, het egter een bygedra en nog ʼn plaasvervanger, Gonçalo Ramos, het […]
# President Donald Trump van Amerika sê daar sal ernstige gevolge wees as sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, nie instem om die oorlog in Oekraïne te staak nie. Die twee ontmoet môre in Alaska in wat die Withuis as ʼn luistersessie beskryf. Europese leiers maan Trump om nie ʼn eensydige vredesooreenkoms te aanvaar nie. Trump […]