# Die Stad Kaapstad sê volgens ʼn nuwe verslag wat hierdie week by die burgemeesterskomitee-vergadering voorgelê is, is miljarde rand in die plaaslike ekonomie belê en duisende nuwe werksgeleenthede geskep deur die stad se spesiale projekte. Dié projekte laat die metro toe om op hulpbronne en kundigheid te fokus wanneer dit nodig is. Die burgemeesterskomiteelid […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, het deurgedring na die kwarteindronde van die Cincinnati-ope toe hy die Franse kwalifiseerder Adrian Mannarino verslaan het. Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, het die Italianer Luca Nardi verslaan en die Franse kwalifiseerder Terence Atmane het die Amerikaner Taylor Fritz geskok. In die vroue-afdeling het die […]
# Die Ministerie van Verdediging en Militêre Veterane distansieer homself van opmerkings wat generaal Rudzani Maphwanya van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Iran gemaak het. Hy en Iran se weermagbevelvoerder, majoor-generaal Amir Hatami, het volgens berigte hul lande se gemeenskaplike doel om globale arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te beveg, geloof. Maphwanya het ook Israel […]
# Een persoon is dood en twee ander beseer nadat onbekende verdagtes gisteraand e-taxi’s by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto suid van Johannesburg, aan die brand gesteek het. Die woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi, sê ‘n e-taxi is gesien waar dit by die ingang van die sentrum stilgehou het. Vier mans het na die […]
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat die Tshwane-burgemeester, Nasiphi Moya, en stadsbestuurder Johann Mettler skuldig is aan minagting van die hof. Hulle het versuim om ʼn vorige hofbevel uit te voer en die varsproduktemark in Pretoria op te gradeer. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Markagente het die saak aanhangig gemaak. Grandi […]
# Die GOOD-party sê hy het ingestem om aan die Nasionale Dialoog-konvensie deel te neem omdat hy dit as noodsaaklik vir die volhoubaarheid van die nie-rassige Konstitusionele demokrasie beskou. Die naweek se konvensie gaan die grondslag lê vir besprekings van Suid-Afrika se ekonomiese-, maatskaplike- en regeringsprobleme. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê wat nodig […]