Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 24 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Arena Holdings kon daarin slaag om ‘n belegger te vind om die voortbestaan van die Financial Mail te verseker. # Mail & Guardian op Vrydae: Skryf kort en kragtig: Minister Bheki Cele het die geskorste minister van Polisie, Senzo […]
# Hoofregter Mandisa Maya sê die bewerings teen waarnemende regterpresident, Aubrey Ledwaba, kan die regstelsel se integriteit skade berokken. Getuie A het by die Madlanga-kommissie getuig hy het by ʼn informant gehoor dat 2,5-miljoen-rand eenkant gesit is om borgtog vir die moordbeskuldigde, Katiso “KT” Molefe, te verseker. Die getuie het egter nie geweet of die […]
# ʼn FBI-ondersoek het tot die inhegtenisneming van minstens 30 mense gelei wat huidige en gewese NBA-spelers en -afrigters insluit. Hulle is na bewering betrokke by weddenskappe en knoeiery in sport waarby die mafia betrek word. Dit sluit in die Portland Trail Blazers se hoofafrigter, Chauncey Billups, Miami Heat se Terry Rozier, en die voormalige […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het twee personeellede, ʼn onderwysassistent en ʼn algemene assistent, van sy Basiese Onderwys Indiensnemingsinisiatief in Soshanguve geskors. Dit volg na ʼn voorval waarin ʼn graad 5-leerder van Dimakatso Primary School beseer is. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die werknemers is geskors hangende die uitslag van die ondersoek na die […]
# Krieket: Indië het Nieu-Seeland in Navi Mumbai met 53 lopies geklop volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode en hul plek in die halfeindronde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi verseker. Pratika Rawal het haar eerste Wêreldbeker-honderdtal van 122 lopies aangeteken terwyl Smriti Mandhana 109 bygedra het om Indië se telling na 340 vir drie te neem in ‘n reën-ontwrigte wedstryd. […]
# Rugby: Die Bulle- en Springbok-haker Jan-Hendrik Wessels is vir nege wedstryde geskors na ‘n voorval tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Connacht. Connacht se flank, Josh Murphy, het Wessels twee keer geslaan in ‘n losskrum en Wessels later daarvan beskuldig dat hy hom tussen die bene gegryp het. ‘n Tugkomitee het die 24-jarige […]