# Die speaker van die Johannesburgse raad, Nobuhle Mthembu, het Gift of the Givers vergesel tydens die verpreiding van voedselpakkies en wintervoorrade aan gesinne in Wyk 123, New Doornfontein. Altesaam 150 pakkies was uitgedeel met mieliemeel, melk, babaformule, komberse en skoonmaakmiddels in. Mthembu het beklemtoon hoe belangrik solidariteit tydens swaarkrytye is en Gift of the […]
# Die regering het ‘n waarborg van 51-miljard-rand vir Transnet goedgekeur om die sukkelende spoor- en hawe-onderneming te help om sy skuldverpligtinge na te kom en kapitaalbeleggings te ondersteun. Die Ministerie van Vervoer sê die fondse sal onmiddellik beskikbaar wees, wat die staatsbeheerde entiteit sal help om sy skuld te herfinansier en sy bedrywighede bestendig […]
# COSATU het die positiewe uitkomste van Span Suid-Afrika se besoek aan die VSA, onder leiding van president Cyril Ramaphosa, verwelkom. Matthew Parks van COSATU het die afvaardiging se pogings geprys om gespanne verhoudings te stabiliseer, meer as 500-duisend werksgeleenthede te beskerm en te vra vir voortgesette handelsvoordele onder AGOA. Hy versoek eenheid in die […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het ‘n heldhaftige plan onthul om beleggingsbeloftes van 320-miljard-rand van die provinsie se onlangse beleggingskonferensie in tasbare werksgeleenthede te omskep. Lesufi het op ‘n nuuskonferensie gesê die provinsiale regering sal nou saamwerk met ondernemings en beleggers om projekte te bespoedig wat ekonomiese groei ondersteun en lewensomstandighede en werkskepping verbeter, […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die provinsie maak vordering met die bekamping van misdaad en die verbetering van die regering se deursigtigheid. Hy het onthul dat meer as 150 van die provinsie se mees gesoekte misdadigers in hegtenis geneem is. Leefstyloudits op senior amptenare is aan die gang, met sommige wat reeds […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die skuldigbevindingskoers van slegs vyf-persent vir onwettige vuurwapens, is kommerwekkend. Dit volg terwyl die polisie meer as 400 onwettige vuurwapens per jaar verwyder. Van die een-duisend-670 vuurwapens waarop sedert 2021 beslag gelê is, het die polisie slegs 81 skuldigbevindings bewerkstellig. Hill-Lewis het met die aanbieding van saak-nasporingsdata […]