# Die Nasionale Vergadering het die 2025 fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle goedgekeur, met 268 lede van die Parlement wat ten gunste daarvan gestem het en 88 daarteen. Die meeste steun was deur die ANC met 145 stemme, gevolg deur die DA met 80. Die MK-party en die EFF het daarteen gestem met BOSA wat buite […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê die polisie het bevestig 49 mense is dood weens onlangse vloede in die provinsie, insluitend vier leerders, hul busbestuurder en kondukteur. Mabuyane sê honderde mense is ontwortel en die aantal sterftes sal na verwagting toeneem. Hy bevestig provinsiale regeringspanne is ontplooi om skadebepaling te doen, gesinne wat geraak […]
# Die vakverbond COSATU het sy steun vir president Cyril Ramaphosa se oproep vir ‘n Nasionale Dialoog, uitgespreek. Matthew Parks van COSATU, verwelkom die besluit om die sekretariaat by Nedlac te vestig en dit as ‘n hoeksteun vir koordinering beskryf. Terwyl Parks die demokratiese vooruitgang erken, het hy gevra vir ernstige aandag om armoede, werkloosheid, […]
# Die Durbanse hawe het sy grootste houerskip ooit hanteer. Die MSC Rifaya is 400-meter lank en het ‘n dravermoë van 19-duisend-437 houers. Die ongeskeduleerde besoek het die gebruik van vier sleepbote behels. Die waarnemende hawemeester, Nkumbuzi Ben-Mazi, sê die gebeure bewys Durban se gereedheid en vermoë om mega-vaartuie te hanteer. Hy sê die hawe […]
# Die DA in KwaZulu-Natal het die Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings versoek om dringend ‘n omvattende winter-reaksieplan voor te lê. Dit volg ná kommer oor ‘n gebrek aan voorbereiding ten spyte van herhaalde waarskuwings deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Riona Gokool van die DA sê die LUR, Siboniso Duma, se departement is traag en […]
# Die MK-party sê President Cyril Ramaphosa se voorgestelde Nasionale Dialoog is ‘n bespotting en daarop gering om die politieke elite se belange te beskerm. Die party voer aan die regering van nasionale eenheid ignoreer steeds die swaarkry van werkloses en armes. Nhlamulo Ndhlela van die MK sê die party sal die dialoog boikot en […]
# Die Stad Tshwane en die Tshwane-metropolisiedepartement het ‘n vyfjaar ooreenkoms met AWARE.org onderteken om dronkbestuur hok te slaan. Die ooreenkoms sal fokus op bewusmaking, opvoeding oor padveiligheid en wettige asemtoetse. Die uitvoerende hoof van AWARE.org, Mokebe Thulo, sê die vennootskap is daarop gemik om alkoholverwante skade met opvoeding en afdwinging te verminder. Die hoof […]