# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê die komende Nasionale Dialoog moet eerlik kyk na Suid-Afrika se foute van die verlede en blywende oplossings soek. Die dialoog, wat president Cyril Ramaphosa vir 15 Augustus aangekondig het, sal deur 31 gesiene persone gelei word. Nzimande het in ‘n onderhoud met SABC News […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die sukses van die 2025 begroting hang af van die regering se vermoë om dit effektief en doeltreffend te implementeer. Hy sê alhoewel beuidende fondse word in die begroting voorsien is, waaronder 490-miljard-rand vir infrastruktuur oor die volgende drie jaar, is die werklike uitdaging verantwoordelike besteding en […]
# Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê die koste van infrastruktuurskade tydens die onlangse vloede moet nog bepaal word. Honderde inwoners, veral in in Butterworth en Ngoma, is dakloos gelaat en word in tydelike skuilings gehuisves. Kragonderbrekings duur in verskeie distrikte voort. Mabuyane sê gekoordineerde tegniese reddingspanne is besig met herstel- en ontruimingspogings […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake in Noordwes, Gaoage Molapisi, hou Vrydag in Mogwase in die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit ‘n behuisingsimbizo vir Militêre Veterane. Die geleentheid sal inligting verskaf oor kabinet-goedgekeurde behuisingprogramme met ‘n geverifieerde lys van begunstigdes. Molapisi en die waarnemende burgemeester, Dithoti Tshetlhane, sal die program lei.
# Die DA sê misdaadvoorkoming in Gauteng word belemmer weens die tekort aan werktuigkundiges by polisie-werkswinkels. Die premier Panyaza Lesufi het vroeër bevestig daar is 110 vakante poste vir werktuigkundiges wat lang vertragings met die herstel van polisievoertuie veroorsaak. Crezane Bosch van die DA waarsku stukkende voertuie wag reeds tot ‘n jaar lank in werkswinkels, […]
# Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe sektore en ‘n dubbelbaanstelsel […]
# Rugby: Die veelsydige Wallaby-agterspeler, Joseph Suaalii, glo hy sal fiks wees om in die toetsreeks van drie wedstryde teen die Britse en Ierse Leeus te speel. Die eerste toets vind op 19 Julie plaas. Die 21-jarige het sy kakebeen ‘n maand gelede gebreek met harsingskudding en ‘n toonbesering wat hsy tyd vir die Waratahs […]
# Rugby: Ses spelers verlaat die Haaie nadat hulle Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen geëindig het met hulle halfeind-nederlaag teen die Bulle. Eduan Keyter vertrek na die Leeus, James Venter skuif na Gloucester, Ntuthuko Mchunu gaan vir die Stormers speel, Henry Immelman keer terug na die Bulle na sy leen-ooreenkoms en Dylan Richardson skuif na Edinburgh, terwyl Gerbrand […]
# Sokker: Die mede-gasheer, Mexiko, is gewikkel in ‘n wedloop teen tyd om die ikoniese Azteca-stadion op te gradeer voor die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi. Mexiko sal die eerste land wees wat die internasionale skouspel vir ‘n derde keer aanbied wanneer die toernooi op 11 Junie volgende jaar begin. Die stadion in die hoofstad, Mexikostad, […]