# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus moes op die nippertjie ʼn verandering aanbring aan sy span wat Australië môre in hul eerste Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark pak. Jan-Hendrik Wessels moes onttrek nadat hy Woensdag tydens oefening ʼn ligte besering opgedoen het, en die stut Boan Venter sal vir hom instaan. Venter, Bongi Mbonambi en Asenathi Ntlabakanye is […]
# Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die soektog gaan voort na die vlieënier wat vermis word na gister se vliegongeluk in Durban. Die ligte vliegtuig was deel van ‘n lugvertoning by Noord-strand naby die Suncoast Casino toe dit in die see gestort het. Die 61-jarige vlieënier van Johannesburg was volgens berigte alleen in die vliegtuig. Die […]
# SANParke sê die Kruger-wildtuin se geliefde wit leeu, Casper, is veilig en in ‘n goeie toestand ondanks kommer oor sy gesondheid. Daar was gerugte dat Casper, wat in die omgewing om Satara rondloop, miltsiekte het of dat ‘n slang hom dalk gepik het. Reynold Thakhuli van SANParke sê Casper is opgespoor en ondersoek en […]
# Bangkok is aangewys as die wêreld se beste stad vir Gen Z in 2025. Dit is volgens ʼn peiling deur Time Out wat mense jonger as 30 betrek het. Van die deelnemers het 84-persent gesê hulle is gelukkig om in Bangkok te bly terwyl 71-persent sê die Thaise hoofstad is begrotings-vriendelik. Melbourne is tweede […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê daar is ʼn dringende behoefte aan strenger nakoming van voedselveiligheid-protokolle, gereelde inspeksies en die monitering van voedselvoorbereiding en -berging in Oos-Kaapse skole. Meer as 150 leerders van die Landbouskool Gobisizwe in Mthatha is Woensdag na die hospitaal gehaas nadat hulle vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Thami Makuzeni van die vakbond […]
# Minstens 56 mense is dood en meer as 200 word vermis nadat ‘n kitsvloed die afgeleë bergdorp Chashoti in die Indies-beheerde deel van Kasjmir getref het. Oorstromings weens stortreën het geboue vernietig, motors weggespoel en strate in riviere verander. Reddingspanne het 300 mense na veiligheid gebring. Amptenare sê reddingsoperasies gaan voort met die Weermag […]
# Die FW de Klerk-stigting sê Amerika se verslag oor menseregte in Suid-Afrika moet ‘n wekroep wees vir die regering van nasionale eenheid en die ANC. ʼn Groot deel van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag handel oor die bekragtiging van die Onteieningswet, wat daarop dui dat die menseregte-situasie in die land verswak […]