# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het beleggers aangespoor om te help om Afrika se jaarlikse waterbeleggingstekort van 528-miljard-rand te oorbrug. Majodina het tydens die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad gewaarsku ekonomiese en maatskaplike vooruitgang verkeer in gevaar sonder dringende optrede. Sy het ook onthul Suid-Afrika het 23-miljard-rand vir damprojekte verseker, maar […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê munisipaliteite behoort noodwaterverspreiding met tenkwaens in te kontrakteer om die watermafia te beperk. Sy het op die Afrika-Unie Waterbeleggingsprogram in Kaapstad gevra dat diegene wat waterinfrastuktuur saboteer, van verraad aangekla moet word. Majodina waarsku dat sulke dade die watertoevoer na 63-mijoen mense in gevaar stel. […]
# Duitsland vra die Israelse regering om die bou van nedersettings aan die Wesoewer te staak. Die volg nadat Israel se ver-regse minister van Finansies, Bezalel Smotrich, aangekondig het dat bouwerk binnekort sal begin aan duisende huise wat die Palestynse gebied sal verdeel. Duitsland se Ministerie van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring die Israelse […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-vakbond het die Departement van Korrektiewe Dienste se pogings verwelkom om korrektiewe inrigtings selfonderhoudend te maak en afhanklikheid van die staat te verminder. Minister Pieter Groenewald het vroeër die week ‘n nuwe bakkery in die Durbanse bestuursgebied in KwaZulu-Natal ingewy. Richard Mamabolo van Popcru sê hierdie onderneming sal oortreders toerus met […]
# Onderrig en leerwerk is ontwrig by skole in Lotusrivier in Kaapstad ná waarskuwings oor moontlike gewelddadige bende-gevegte nadat ‘n man Woensdag doodgeskiet is. Ouers het gister hul kinders vroeg gaan haal en skolevervoer het voor skedule vertrek. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig skole is as ‘n veiligheidsmaatreël gesluit en ouers word aangeraai om slegs […]
# Die Ministerie van Verdediging en Militêre Veterane sê minister Angie Motshekga het die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, se reis na Iran gemagtig. Maphwanya se goedkeuring van Iran se standpunt oor Gaza het kritiek ontlok, met president Cyril Ramaphosa wat hom daarvan distansieer het. Woordvoerder Onicca Kwakwa het aan Newzroom Afrika […]
# Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, af te dank oor sy omstrede reis na Iran. Maphwanya en die bevelvoerder van die Iranse Leër, generaal-majoor Amir Hatami, het in Teheran hul lande se gedeelde doelwit geprys om wêreldwye arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te bekamp. […]